Apside

’n Apside (ook apsis genoem) is die naaste en verste punt in die elliptiese wentelbaan van een hemelliggaam om ’n ander (meestal groter) een. Die lyn van een apside na ’n ander is die langste as van die ellips, oftewel die apsidelyn.

Die perigeum (X) en apogeum (Y) van ’n voorwerp (B) in ’n baan om die Aarde (A).

Om die twee punte te onderskei, word verskillende benamings vir die naaste en die verste punt gebruik, na gelang van die groter liggaam waarom die ander een wentel. ’n Paar voorbeelde is:

Hemelliggaam Grootste afstand Kleinste afstand
Algemene Benaming apoapside periapside
’n Voorwerp om die Son afelium perihelium
’n Voorwerp om die Aarde apogeum perigeum
’n Voorwerp om Jupiter apojovium perijovium
’n Voorwerp om Mars apomartium perimartium
’n Voorwerp om ’n ster of dubbelster  apastron periastron
’n Voorwerp om ’n sterrestelsel apogalaktikon perigalaktikon
’n Voorwerp om die Maan apokintion perikintion
’n Voorwerp om Venus apokiterion perikiterion

Die perigeum van die maan is dus die punt waar dit die naaste aan die Aarde is, en die afelium van die Aarde is die verste punt van die Son af.