89ste Oscar-toekenningsaand
Die 89ste Oscar-toekenningsaand is op 26 Februarie 2017 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2016.[1][2] Die komediant Jimmy Kimmel was vir die eerste keer die aanbieder.[3]
89ste Oscar-toekenningsaand | ||
Datum | 26 Februarie 2017 | |
Plek | Dolby-teater, Hollywood | |
Aanbieder | Jimmy Kimmel | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Moonlight | |
Beste regisseur | Damien Chazelle | |
Beste akteur | Casey Affleck | |
Beste aktrise | Emma Stone | |
Meeste pryse | La La Land (6) | |
Meeste benoemings | La La Land (14) |
Die prent wat vir die meeste pryse benoem en die meeste ingepalm het, was La La Land (onderskeidelik 14 en 6) met Damien Chazelle as regisseur. Chazelle het ook die Oscar vir beste regisseur gewen.
Moonlight het drie Oscars gewen, onder meer dié vir beste rolprent. La La Land is verkeerdelik as die wenner aangekondig voordat die fout reggestel en Moonlight as die eintlike wenner aangekondig is.[4][5] Hacksaw Ridge en Manchester by the Sea het elk twee pryse gewen. Wenners van een prys elk sluit in Arrival, Fantastic Beasts and Where to Find Them, Fences, The Jungle Book, O.J.: Made in America, Piper, The Salesman, Sing, Suicide Squad, The White Helmets en Zootopia.
Pryse
Hier volg ’n lys van die belangrikste benoemdes.[6] Die wenners word eerste genoem en is in vet druk.
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste animasieprent | Beste buitelandse rolprent |
| |
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste produksie-ontwerp | Beste kinematografie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|
Erepryse
- Jackie Chan – Hongkongse gevegskunstenaar, akteur, regisseur, vervaardiger en sanger[7]
- Anne V. Coates – Britse rolprentregisseur[8]
- Lynn Stalmaster – Amerikaanse rolprentverdelingsregisseur[9]
- Frederick Wiseman – Amerikaanse vervaardiger[10]
Verwysings
Eksterne skakels
- Die Oscars (2017) op IMDb
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia