Abchasië

Abchasië (Abchasies: Аҧсны́, Apsny, [apʰsˈnɨ]; Georgies: აფხაზეთი, Apkhazeti, [ɑpʰxɑzɛtʰi]; Russies: Абха́зия, Abkhа́ziya, [ɐpˈxazʲɪjə]), amptelik die Republiek Abchasië (Abchasies: Аҧсны Аҳәынҭқарра, Aphsny Axwynthkharra; Russies: Респу́блика Абха́зия, Respublika Abkhaziya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike[9][10][11][12] republiek,[13][14] sonder algemene internasionale erkenning.

Аҧсны Аҳәынҭқарра
Aphsny Axwynthkharra (Abchasies)
აფხაზეთი
Apkhazeti (Georgies)
Респу́блика Абха́зия
Respublika Abkhaziya (Russies)
Republiek Abchasië
Vlag van AbchasiëEmbleem van Abchasië
VlagEmbleem
Volkslied: Аиааира
(tr.: Aiaaira)
(Abchasies vir: "Oorwinning")
Ligging van Abchasië
HoofstadSoechoemi

43°00′N 40°59′O / 43.000°N 40.983°O / 43.000; 40.983

Grootste stadSoechoemi
Amptelike taleAbchasies en Russiesa
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Aslan Bzhania
Alexander Ankwab
Onafhanklikheid
Gedeeltelik erkende staat
• Georgiese nietigverklaring
van alle Sowjetse
wette en verdrae
• Verklaring van soewereiniteitb
• Georgiese
onafhanklikheidsverklaring
• Ontbinding van
die Sowjetunie
• Abchasiese
onafhanklikheidsverklaring
• Huidige grondwet
• Grondwetlike referendum
• Onafhanklikheidswetc
• Eerste internasionale
erkenningd

van Georgië[1][2][3]


20 Junie 1990
25 Augustus 1990

9 April 1991

26 Desember 1991

23 Julie 1992
26 November 1994
3 Oktober 1999
12 Oktober 1999

26 Augustus 2008
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
8 640[4] km2  
3 336 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
244 926[5] ()
240 705[5]
28,3 / km2
73,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2010-skatting

$500 miljoen[6]
$2 039

GeldeenheidApsar
Russiese roebele (RUB)
Tydsone
 - Somertyd
GET (UTC+4)
nie toegepas nie (UTC+4)
Internet-TLD
Skakelkode+7 840 / 940 en +995 44[7][8]
a. Die Russiese taal word as staatstaal erken (Artikel 6 van die Grondwet) en word ook wyd in ander instellings gebruik.
b. Nietig verklaar deur Georgië onmiddellik daarna.
c. Te stig, met terugwerkende effek, de jure onafhanklikheid sedert die oorlog van 1992–1993.
d. Deur Rusland. Sedertdien het 'n bykomende vier VN-lidlande Abchasië se onafhanklikheid erken.
e. De facto geldeenheid. Verskeie Abchasiese apsar-herdenkingsmunte is uitgereik. Die apsar het 'n vaste wisselkoers, gekoppel aan die Russiese roebel (1 roebel = 0,10 apsar).
Nasa-satellietbeeld van Abchasië
’n Kaart van Georgië wat die gebiede Abchasië (groen) en Suid-Ossetië (pers) aandui, wat albei de facto onafhanklik is
Die Kaukasusberge, soos gesien vanaf die Pitsoenda-kaap in Abchasië

Alhoewel Georgië nie beheer oor Abchasië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Abchasië as deel van Georgië, wie se grondwet na dié gebied as die Outonome Republiek Abchasië verwys.

Abchasië is in die Suid-Kaukasus langs die Swartseekus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Soechoemi. Abchasië beslaan 'n oppervlakte van 8 640 km² en het 'n bevolking van 244 926 in 2020 gehad. Abchasië grens in die noorde aan die Russiese deelgebiede Karatsjai-Tsjerkessië en Krasnodar-krai.

Soms word na Abchasië, Suid-Ossetië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys.[15][16] Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.

Politiek

Internasionale erkenning

Internasionale erkenning van Abchasië en Suid-Ossetië:

   Abchasië en Suid-Ossetië

   VN-lidlande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   De facto lande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   De facto lande wat Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   Lande wat die onafhanklikheid van Abchasië en Suid-Ossetië nie erken nie

VN-lidlande
Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede
Voormalige erkenning
  •  Vanuatu erken Abchasië op 23 Mei 2011,[24] maar neem die erkenning op 20 Mei 2013 terug.[25][26]
  •  Tuvalu erken Abchasië op 18 September 2011,[27] maar neem die erkenning op 31 Maart 2014 terug.[28]

Etniese samestelling

Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Abchasiërs vorm met 124 115 inwoners 'n stewige meerderheid van die bevolking (51,0 persent).[29]

Etniese samestelling van Abchasië (2015)[29]
Etniese groepAantal%
Abchasiërs124 11551,0
Georgiërs43 49617,9
Armene41 92517,2
Russe22 3019,2
Mingreliërs3 2441,3
Oekraïners1 7580,7
Grieke1 3500,6
Turke7230,3
Ossetiërs5960,2
Tartare3550,1
Estlanders3540,1
Roma2760,1
Belarusse2650,1
Ander2 4481,0
Totaal243 206100

Verwysings

Eksterne skakels