Suid-Ossetië

Suid-Ossetië (Osseties: Хуссар Ирыстон, Chussar Iryston; Georgies: სამხრეთი ოსეთი, Samchreti Osseti; Russies: Южная Осетия, Juschnaja Ossetija), amptelik die Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië[5][6] (Osseties: Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон, Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston; Russies: Республика Южная Осетия / Государство Алания, Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike[7][8] republiek,[9][10] sonder algemene internasionale erkenning.

Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië
Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон
Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston (Osseties)
სამხრეთი ოსეთი
Samkhreti Oseti (Georgies)
Республика Южная Осетия / Государство Алания
Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya (Russies)
Vlag van Suid-OssetiëWapen van Suid-Ossetië
VlagWapen
Volkslied:
Республикӕ Хуссар Ирыстоны Паддзахадон Гимн
(tr.: Respublikæ Hussar Irystony Paddzahadon Gimn)
(Osseties vir: "Volkslied van die Republiek Suid-Ossetië")
Ligging van Suid-Ossetië
HoofstadZchinwali

42°14′N 43°58′O / 42.233°N 43.967°O / 42.233; 43.967

Grootste stadZchinwali
Amptelike taleOsseties en Russies[1]
Regering Semi-presidensiële republiek
Alan Gaglojef
Konstantin Dzhoessoef
Onafhanklikheid
Gedeeltelik erkende staat
• Verklaar
• Erkenning

van Georgië
21 Desember 1991
26 Augustus 2008 (beperk)
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
3 900 km2  
1 500 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2015-sensus
 - Digtheid
 
56 520[2] ()
53 532[3]
13,7 / km2
35,5 / myl2
BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$100 miljoen[4] ()
$2 000 (–)

GeldeenheidRussiese roebel (RUB)
Tydsone
 - Somertyd
MSK (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLDgeen
Skakelkode+995 34
’n Kaart van Georgië wat die gebiede Abchasië (groen) en Suid-Ossetië (pers) aandui, wat albei de facto onafhanklik is
Landskap in Suid-Ossetië se Ezhawa-distrik

Alhoewel Georgië nie beheer oor Suid-Ossetië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Suid-Ossetië as deel van Georgië, wie se grondwet ná dié gebied as die voormalige outonome distrik Suid-Ossetië verwys.[11]

Suid-Ossetië is in die suidelike Groter Kaukasus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Zchinwali. Suid-Ossetië beslaan 'n oppervlakte van 3 900 km² en het 'n bevolking van 56 520 in 2022 gehad. Suid-Ossetië grens in die noorde aan die Russiese deelgebied Noord-Ossetië-Alanië.

Soms word na Suid-Ossetië, Abchasië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys.[12][13] Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.

Politiek

Internasionale erkenning

Internasionale erkenning van Abchasië en Suid-Ossetië:

   Abchasië en Suid-Ossetië

   VN-lidlande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   De facto lande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   De facto lande wat Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   Lande wat die onafhanklikheid van Abchasië en Suid-Ossetië nie erken nie

VN-lidlande
  •  Rusland erken Suid-Ossetië sedert 26 Augustus 2008 ná die Suid-Ossetië-oorlog van 2008.[14]
  •  Nicaragua erken Suid-Ossetië op 5 September 2008.[15]
  •  Venezuela erken Suid-Ossetië op 10 September 2009.[16]
  •  Nauru erken Suid-Ossetië op 16 Desember 2009.[17]
  •  Sirië erken Suid-Ossetië op 29 Mei 2018.[18]
Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede
Voormalige erkenning
  •  Tuvalu erken Suid-Ossetië op 18 September 2011,[21] maar neem die erkenning op 31 Maart 2014 terug.[22]

Etniese samestelling

Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Ossetiërs vorm met 48 146 inwoners die meerderheid van die bevolking (89,9 persent).[23]

Etniese samestelling van Suid-Ossetië (2015)[23]
Etniese groepAantal%
Ossetiërs48 14689,9
Georgiërs3 9667,4
Russe6101,1
Armeniërs3780,7
Ander4320,8
Suid-Ossetië (totaal)53 532100

Verwysings

Eksterne skakels