Swartsee

Swartsee

Nasa-Satellietbeeld van die Swartsee

Kaart van die Swartsee
Koördinate:44°N 35°O / 44°N 35°O / 44; 35 35°O / 44°N 35°O / 44; 35
Ligging:Bulgarye, Georgië, Oekraïne, Roemenië, Rusland, Turkye
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:436 402 km² (168 500 myl²)
Gemiddelde diepte:1 253 m (4 111 vt)
Maksimum diepte:2 212 m (7 257 vt)
Volume:547 000 km³ (131 200 myl³)
Lengte:1 175 km (730 myl)
Invloei:Dnister, Dnjepr, Donau, Kızılırmak
Uitvloei:Bosporus
Eiland/e:10+
Nedersettings:Batoemi, Boergas, Constanța, Jalta, Odessa, Sewastopol, Soechoemi, Sotsji, Trabzon, Warna

Die Swartsee of Swart See (Abchasies: Амшын Еиқәа Amshyn Eikʷa, Bulgaars: Черно море Cherno more [ˈtʃɛrno moˈrɛ], Georgies: შავი ზღვა Shavi zghva, Roemeens: Marea Neagră [ˈmare̯a ˈne̯aɡrə], Russies: Чёрное мо́рe Chornoye morye [ˈtɕɵrnəjə ˈmorʲɪ], Turks: Karadeniz [kaˈɾadeniz], Oekraïns: Чорне море Chorne more [ˈtʃɔrnɛ ˈmɔrɛ]) is ’n binnesee wat omring word deur Europa, Anatolië en die Kaukasus. Dit word met die Atlantiese Oseaan verbind deur die Middellandse en die Egeïese See en verskeie seestrate: Die Bosporus-seestraat verbind dit met die See van Marmara, en dié word deur die Dardanelle-seestraat verbind met die Egeïese See, wat deel is van die Middellandse See. Dié watermassas is die skeiding tussen Oos-Europa en Wes-Asië. Die Swartsee is ook aan die See van Azof verbind deur die Kertsj-seestraat.[1]

Ligging van die Swartsee
Die Swaelnes op die rotse van die Swartsee op die Krimskiereiland in Oekraïne
Die Swartsee in Batoemi, Adzjarië, Georgië

Grootte

Die Swartsee het ’n oppervlakte van 436 402 km²,[2] ’n maksimum diepte van 2 212 m[3] en ’n volume van 547 000 km³.[4]

Die naam

Die Swartsee is een van vier seë wat in Afrikaans en ander tale ná kleure genoem is – die ander is die Geel-, Rooi- en Witsee. Die rede vir die "kleurterm" as naam kan ’n antieke toewysing van kleure aan die windrigtings wees: swart het noord aangedui, rooi suid en geel oos.

’n Ander verduideliking is die kleur van die Swartsee se diep water. Dit is verder noord en minder sout as die Middellandse See en daarom is die konsentrasie van alge veel hoër, en dit veroorsaak die donker kleur. Sigbaarheid in die Swartsee is gemiddeld 5 meter in vergelyking met 35 meter in die Middellandse See.

Stede en dorpe langs die kus

NedersettingHuidige landOorspronklike landBesonderhede
AlbenaBulgarye
BatoemiGeorgië
BoergasBulgarye
ConstanțaRoemenië
JaltaRuslandOekraïneOp die Krim
KertsjRuslandOekraïneOp die Krim
NoworossiiskRusland
OdessaOekraïne
SamsunTurkye
SewastopolRuslandOekraïneOp die Krim
SoechoemiAbchasiëGeorgië
SotsjiRusland
SozopolBulgarye
TrabzonTurkye
WarnaBulgarye
ZonguldakTurkye

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.