Accra

Accra is die hoofstad en grootste stad van Ghana met 'n geskatte stedelike bevolking van 4,2 miljoen in 2020 en 'n oppervlakte van 173 km².[1] Dit is Ghana se grootste stad en die administratiewe, kommunikasie-, en ekonomiese middelpunt van Ghana. Die primêre ekonomiese aktiwiteite is finansiële en regeringsdienste, kommunikasie, konstruksie, vervoer en landbou (veral visserye). Meer as 70% van Ghana se vervaardigingskapasiteit is in die hoofstad.

Accra

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Ghana Ghana
 Streek Greater Accra Region
 Koördinate5°33′N 0°12′W / 5.550°N 0.200°W / 5.550; -0.200
 Stigting15de eeu
 Oppervlakte: 
 - Totaal173 vk km
 Hoogte bo seevlak61 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2013)2 291 352
 - Geskat (2020)4,2 miljoen[1]
 - Bevolkingsdigtheid9 589/vk km
 TydsoneUTC +0
 BurgemeesterAlfred Vanderpuije
 Amptelike webwerfama.gov.gh

Die stad Accra is die hoofstad van Ghana sedert 1877, en bevat openbare geboue wat die oorgang van 'n negentiende-eeuse voorstad van Victoriasborg tot die moderne metropolis wat dit vandag is weerspieël.

Etimologie

Die woord Accra is afgelei van die Akan-woord 'Nkran' wat beteken 'miere', 'n verwysing na die talle miershope wat op die platteland rondom Accra gesien word.[2]

As 'n kusstad is Accra kwesbaar vir die impak van klimaatsverandering en die styging in seevlak, met bevolkingsgroei wat toenemende druk op die kusgebiede plaas.[3]

Verwysings

Eksterne skakels