Afrika-unie

Die Afrika-unie (AU in Engels en UA in ander amptelike tale; Arabies: الاتحاد الأفريقي, Engels: African Union, Frans: Union africaine, Portugees: União Africana, Spaans: Unión Africana, Swahili: Umoja wa Afrika[3]) is 'n internasionale organisasie van 55 Afrika-lande.[4] Die hoofstad van die Afrika-unie is Addis Abeba in Ethiopië en die Pan-Afrika Parlement is in Midrand in Suid-Afrika geleë. Die AU se voorganger is die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) wat op 9 Julie 2002 deur die AU vervang is.[5] Die de facto amptelike tale is Arabies, Engels, Frans, Portugees, Spaans en Swahili, terwyl de jure elke taal van Afrika amptelik is.[6] Sedert Marokko se terugkeer op 30 Januarie 2017 is elke Afrikaland lid van die AU, insluitende die omstrede Arabiese Demokratiese Republiek Sahara.[7][8]

Afrika-unie
الاتحاد الأفريقي (Arabies)
African Union (Engels)
Union africaine (Frans)
União Africana (Portugees)
Unión Africana (Spaans)
Umoja wa Afrika (Swahili)
Vlag van die Afrika-unieEmbleem van die Afrika-unie
VlagEmbleem
Nasionale leuse: A United and Strong Africa
(Engels vir: "'n Verenigde en sterk Afrika")
Volkslied: Let Us All Unite and Celebrate Together[1]
(Engels vir: "Laat ons almal verenig en saam fees vier")
Ligging van die Afrika-unie
HoofstadVlag van Ethiopië Addis Abebaa
Vlag van Suid-Afrika Midrandb
Grootste stadVlag van Nigerië Lagos
Amptelike taleArabies, Engels, Frans, Portugees, Spaans en Swahili
Regering
• Voorsitter van die vergadering
• Voorsitter van die kommissie
• Parlementêre president
Kontinentale unie
Vlag van Mauritanië Mohamed Ould Ghazouani
Vlag van Tsjad Moussa Faki
Vlag van Zimbabwe Fortune Z. Charumbira
Onafhanklikheid
Vorming
OAE-handves
• Abuja-verdrag
• Sirte-deklarasie
• Afrika-unie gestig


25 Mei 1963
3 Junie 1991
9 September 1999
9 Julie 2002
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
29 922 059 km2  (-)
11 552 972 myl2
-
Bevolking
 - 2020-skatting
 - Digtheid
 
1 321 000 000 (-)
40,94 / km2 (-)
106,04 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$7 573 miljard[2] (-)
$5 733[2] (-)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$2 587 miljard[2] (-)
$1 958[2] (-)

Geldeenheid43 geldeenheide (-)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC-1 tot +4)
nie toegepas nie (UTC-1 tot +4)
Internet-TLD.africac
Skakelkode+58 kodes
a Setel van die Afrika-unie se kommissie
b Setel van die Pan-Afrika Parlement
c Voorgestel.

Lidlande

Huidige lede

Waarnemerlande

Streke van die Afrika-unie
 Noord   Suidelik   Oos   Wes   Sentraal 
  •  Haïti – in afwagting van geassosieerde lidstatus tydens die AU spitsberaad op 2 Februarie 2012.[9]
  •  Kasakstan – ná die ratifikasie van die verdrae op 14 November 2013 het die minister vir buitelandse sake, Erlan Idrisof, die permanente verteenwoordiger van die Republiek Kasakstan in die Afrika-unie geword.[10]
  •  Letland – sedert 2012.[11]
  •  Litaue – sedert 2013.[12]
  •  Palestynse Owerheid – sedert 2013.[13]
  •  Serwië – die ministers vir buitelandse sake Ivan Mrkić het in 2012 asook 2014 en Vuk Jeremić het in 2011 aan die spitsberade in Addis Abeba deelgeneem.[14][15][16]
  •  Turkye – sedert 2005.[17]
  •  Oekraïne – sedert 2016.[18]

Voormalige lede

  • Tanganjika – Op 26 April 1964 saamgesmelt met Zanzibar om die Verenigde Republiek Tanganjika en Zanzibar te vorm wat op 1 November 1964 herdoop is tot Tanzanië.
  • Zanzibar – Op 26 April 1964 saamgesmelt met Tanganjika om die Verenigde Republiek Tanganjika en Zanzibar te vorm wat op 1 November 1964 herdoop is tot Tanzanië.

Voormalige Kandidaatlande

  •  Marokko – Die enigste Afrikaland wat nie 'n lid van die Afrika-unie was nie is Marokko, wat die AU se voorganger, die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE), op 12 November 1984 verlaat het toe baie ander lidlande die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara van die Wes-Sahrawiese nasionalistiese Polisario Front gesteun het.[19][20] Marokko se bondgenoot, Zaïre, het ook die OAE se toelating van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara geopponeer asook die boikot teen die regime van Mobutu Sese Seko deur die organisasie van 1984 tot 1986.[21] Sommige lande het sedertdien hul ondersteuning vir die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara teruggetrek.[22] Op 30 Januarie 2017 het Marokko weer by die Afrika-unie aangesluit.[23]
  •  Somaliland – het in 1991 sy onafhanklikheid van Somalië verklaar en in 2005 aansoek gedoen vir lidmaatskap, wat in 2006 verwerp is.[24]

Ontwikkeling

Lidlande van die AU se voorganger Organisasie vir Afrika-eenheid volgens jaar
Onderteken
In werking
Dokument
1961
1961
1963
1963
OAE Handves
1991
N/A
Verdrag van Abuja
1999
2002
Verklaring van Sirte
  Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE)Afrika Ekonomiese Gemeenskap (AEG):
  Gemeenskap van Sahel-Sahara state (GSSS)
  Gemeenskaplike mark vir Oos- en Suider-Afrika (GMOSA)
  Oos-Afrikaanse Gemeenskap (OAG)
  Ekonomiese Gemeenskap van Sentraal-Afrika state (EGSAS)
  Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse state (EGWAS)
  Inter Owerheid Ontwikkeling (IOO)
  Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAO)
  Arabiese Magreb Unie (AMU)
 Casablanca-groepAfrika-unie (AU)
 Monrovia-groep
    

Verklaring oor die soewereiniteit van Afrika

In Mei 2004 het die Kommissie van die Afrika-unie 'n strategiese plan uitgereik, waarin vir die eerste keer die gesag van buitelandse magte oor afhanklike gebiede in Afrika verwerp is.[25]

Kaart van Afrika met afhanklike gebiede
GebiedeTerritoriale magTerritoriale aanspraak
Asore  Portugal  Marokko
Britse Indiese Oseaangebied  Verenigde Koninkryk  Mauritius en  Seychelle
Ceuta en Melilla  Spanje  Marokko
Kanariese Eilande  Spanje  Marokko
Madeiraeilande  Portugal  Marokko
Mayotte  Frankryk  Comore-eilande
Réunion  Frankryk  Mauritius
Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha  Verenigde Koninkryk

Lys van presidente

Afrika-unie[26]
NaamBegin van ampstermynEinde van ampstermynLand
Thabo Mbeki9 Julie 200210 Julie 2003  Suid-Afrika
Joaquim Chissano10 Julie 20036 Julie 2004  Mosambiek
Olusegun Obasanjo6 Julie 200424 Januarie 2006  Nigerië
Denis Sassou Nguesso24 Januarie 200624 Januarie 2007  Kongo
John Kufuor30 Januarie 200731 Januarie 2008  Ghana
Jakaya Kikwete31 Januarie 20082 Februarie 2009  Tanzanië
Moeammar al-Ghaddafi2 Februarie 200931 Januarie 2010  Libië
Bingu wa Mutharika31 Januarie 201031 Januarie 2011  Malawi
Teodoro Obiang Nguema Mbasogo31 Januarie 201129 Januarie 2012  Ekwatoriaal-Guinee
Yayi Boni29 Januarie 201227 Januarie 2013  Benin
Hailemariam Desalegn27 Januarie 201330 Januarie 2014  Ethiopië
Mohamed Ould Abdel Aziz30 Januarie 201430 Januarie 2015  Mauritanië
Robert Mugabe30 Januarie 201530 Januarie 2016  Zimbabwe
Idriss Déby30 Januarie 201630 Januarie 2017  Tsjad
Alpha Condé30 Januarie 201728 Januarie 2018  Guinee
Paul Kagame28 Januarie 201810 Februarie 2019  Rwanda
Abdel Fattah el-Sisi10 Februarie 201910 Februarie 2020  Egipte
Cyril Ramaphosa10 Februarie 20206 Februarie 2021  Suid-Afrika
Félix Tshisekedi6 Februarie 20215 Februarie 2022  Demokratiese Republiek die Kongo
Macky Sall5 Februarie 202218 Februarie 2023  Senegal
Azali Assoumani18 Februarie 202317 Februarie 2024  Comore-eilande
Mohamed Ould Ghazouani17 Februarie 2024hede  Mauritanië

Lys van voorsitters

Afrika-unie[26]
NaamBegin van ampstermynEinde van ampstermynLand
Amara Essy9 Julie 200216 September 2003  Ivoorkus
Alpha Oumar Konaré16 September 200328 April 2008  Mali
Jean Ping28 April 200815 Oktober 2012  Gaboen
Nkosazana Dlamini-Zuma15 Oktober 201230 Januarie 2017  Suid-Afrika
Moussa Faki30 Januarie 2017hede  Tsjad

Presidente van die Pan-Afrika Parlement

Afrika-unie[26]
NaamBegin van ampstermynEinde van ampstermynLand
Gertrude Ibengwe Mongella18 Maart 200429 Mei 2009  Tanzanië
Idriss Ndele Moussa29 Mei 200928 Mei 2012  Tsjad
Bethel Nnaemeka Amadi28 Mei 201227 Mei 2015  Nigerië
Roger Nkodo Dang27 Mei 20151 April 2020  Kameroen
Bouras Djamel1 April 20201 Maart 2021  Algerië
Fortune Z. Charumbira1 Maart 2021tans  Zimbabwe

Sien ook

Verwysings

Bronne

  • (en) Yassin El-Ayouty: The Organization of African Unity After Thirty Years, Westport/New York 1994.
  • (en) Christof Heyns, Evarist Baimu, Magnus Killander: The African Union, in: German Yearbook of International Law 46 (2004)
  • (en) Konstantinos D. Magliveras, Gino J. Naldi: The African Union – A New Dawn for Africa?, in: International and Comparative Law Quarterly 51 (2002)
  • (en) Corinne A. A. Packer, Donald Rukare: The New African Union and Its Constitutive Act, in: American Journal of International Law 96 (2002)

Eksterne skakels