Antille

Die Antille (Engels: Antilles; Frans: Antilles; Haïtiaanse Kreools: Zantiy; Jamaikaanse Patois: Antiliiz; Nederlands: Antillen; Papiaments: Antias; Portugees: Antilhas; Spaans: Antillas) is 'n argipel in die Karibiese gebied, wat uit die Groot-Antille en die Klein-Antille bestaan. Saam met die Lucayan-argipel (Bahamas en Turks- en Caicoseilande) vorm dit Wes-Indië. Die Antille grens in die suide en weste aan die Karibiese See, in die noordweste aan die Golf van Meksiko en in die noorde en ooste aan die Atlantiese Oseaan.

Antille
Inheemse naam: Antilles, Zantiy, Antiliiz, Antillen, Antias, Antilhas, Antillas
Kaart van die Antille
Kaart van die Antille
Geografie
LiggingAtlantiese Oseaan, Karibiese See, Golf van Meksiko

ArgipelWes-Indië
Totale eilandemeer as 50
HoofeilandeGroot- en Klein-Antille
Oppervlakte220 447 vk km

Administrasie
Sien teks.

Demografie
Bevolking38 802 426

Nasa-Satellietbeeld van die Antille
Ligging van die Antille se eilandboog

Die eilandnaam "Antille" is van die Latynse ante ilium ("eilande net voor die kus") afgelei, dus die eilande voor die Sentraal-Amerikaanse kus. Volgens 'n ander teorie het die term "Antille" reeds in die Middeleeue na 'n mitiese eiland wes van Europa oorkant die Atlantiese Oseaan verwys. Nadat die Amerikas in 1492 deur Christophorus Columbus vir Europa ontdek is, het die Antille hul naam gekry.

Die Groot-Antille bestaan uit die Kaaimanseilande, Kuba, Hispaniola (verdeel in die twee lande die Dominikaanse Republiek en Haïti), Jamaika en Puerto Rico. Die Klein-Antille bevat die noordelike Bowindse Eilande, die suidoostelike Benedewindse Eilande en die suidoostelike Bowindse Eilande net noord van Venezuela. Die Lucayan-argipel behoort tot Wes-Indië, maar word algemeen nie as deel van die Antille beskou nie.[1]

In geografiese opsig word die Antille algemeen as 'n substreek van Noord-Amerika beskou. Kultureel word veral Kuba, die Dominikaanse Republiek en Puerto Rico – en soms die hele Antille – as 'n deel van Latyns-Amerika beskou, alhoewel sommige bronne dié sosio-ekonomiese oorvereenvoudiging vermy en die term "Latyns-Amerika en die Karibiese gebied" gebruik.[2] Geologies bestaan die Groot-Antille uit kontinentale rots, terwyl die Klein-Antille veral uit vulkaniese rots of koraaleilande bestaan.

Geografie

Die eilandboog word verdeel in die volgende eilandgroepe:

Groot-AntilleKuba, Jamaika, Hispaniola en Puerto Rico
Klein-AntilleDie Klein-Antille word verder verdeel in die Bowindse Eilande (Maagde-eilande vanaf Grenada) en die Benedewindse Eilande (Isla Margarita tot Aruba).

Lande en gebiede volgens argipel

Groot-Antille

Kaart van die Antille in 1843
Ligging van die Antille in die Amerikas
Lande van die Antille
Die eksklusiewe ekonomiese sone van die Antille

Klein-Antille

Verwysings

Bronne

  • (en) Rogonzinski, Jan (2000). A Brief History of the Caribbean. Londen: Penguin. ISBN 978-0-452-28193-6.

Eksterne skakels