Providence

Providence is die hoofstad en grootste stedelike nedersetting van die deelstaat Rhode Island in die Verenigde State van Amerika, met 'n bevolking van naastenby 180 000. Dit maak van Providence die derde mees bevolkte nedersetting van Nieu-Engeland, na Boston en Worcester. Die metropolitaanse gebied van Providence met 'n bevolking van 1,6 miljoen strek oorkant die deelstaatgrens tot die suide van Massachusetts.

Providence

KaartSeël
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat Rhode Island
 Administratiewe distrik (county)Providence
 Koördinate41°49′N 71°25′W / 41.817°N 71.417°W / 41.817; -71.417 71°25′W / 41.817°N 71.417°W / 41.817; -71.417
 Oppervlak: 
 - Totaal53 vk km
 Hoogte bo seevlak23 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2015)179 207
 - Bevolkingsdigtheid3 381/vk km
 - Metropolitaanse gebied1 630 956
 TydsoneEST (UTC -5)
 - SomertydEDT (UTC -4)
 Klimaat 
 - TipeKontinentale klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur10 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie-2,3 / 22,6 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae1156,5 mm
 BurgemeesterBrett P. Smiley
 Amptelike webwerfprovidenceri.com

Providence is geleë in die gelyknamige administratiewe distrik (Engels: Providence County), by die Providence-rivier se monding in die Atlantiese Oseaan. Narragansett-baai, waarin die rivier uitmond, is 'n groot natuurlike seehawe.

Providence is as een van die oudste Europese nedersettings in die VSA in 1636 gestig deur Roger Williams, 'n godsdienstige balling uit die Massachusetts Bay-kolonie, en genoem ter ere van "God se genadevolle voorsienigheid" (Engels: providence) wat, soos die oortuiging van Williams en sy aanhangers, 'n beslissende rol gespeel het in hul soek na 'n veilige toevlugsoord. Die naam "Providence" is deel van die amptelike naam van die deelstaat: Rhode Island and the Providence Plantations.

Providence was een van die eerste nywerheidstede in die Verenigde State wat ekonomies oorspronklik op tekstielvervaardiging gesteun het. Later is nuwe bedrywe hier gevestig wat onder meer werktuigmasjiene, juweliers- en silwerware vervaardig het. Alhoewel enkele fabrieke steeds in die gebied gesetel is, is die dienstesektor tans die belangrikste verskaffer van werksgeleenthede. Agt hospitale en sewe hoërwysinstellings dra by tot Providence se huidige bemarking as "Kreatiewe Hoofstad" nadat dit vroeër bekend gestaan het as die "Byekorf van Nywerhede" (Beehive of Industry).

Demografie

Ongeveer 10,5 % van die bevolking is ouer as 65 jaar. Die aantal inwoners het van 160 281 in 1990 na 173 618 in 2000 gestyg.

Onderwys

Brown University, een van die Amerikaanse Ivy League-universiteite, is in Providence gevestig.

Klimaat

In Januarie is die gemiddelde temperatuur -2,3 °C, in Julie is dit 22,6 °C. Jaarliks val gemiddeld 1156,5 mm neerslag (inligting is gebaseer op die meetperiode 1961-1990).

Susterstede


Hoofstede van die Verenigde State
HoofstedeAlbanyAnnapolisAtlantaAugustaAustinBaton RougeBismarckBoiseBostonCarson CityCharlestonCheyenneColumbiaColumbusConcordDenverDes MoinesDoverFrankfortHarrisburgHartfordHelenaHonoluluIndianapolisJacksonJefferson CityJuneauLansingLincolnLittle RockMadisonMontgomeryMontpelierNashvilleOklahoma CityOlympiaPhoenixPierreProvidenceRaleighRichmondSacramentoSaint PaulSalemSalt Lake CitySanta FeSpringfieldTallahasseeTopekaTrenton