Boeing 707

Die Boeing 707 was die eerste kommersiële passasierstraalvliegtuig wat deur Boeing-korporasie vervaardig is. Die vliegtuie is in verskillende konfigurasies gebou wat tussen 150 en 189 passasiers oor 'n afstand van 4 500 tot 9 500 km kon vervoer.

Boeing 707
John Travolta se privaat-Boeing 707
TipeSmalromp-stralervliegtuig
VervaardigerBoeing Commercial Airplanes
Ontwerp deurBoeing Commercial Airplanes
Nooiensvlug20 Desember 1957[1]
Vrygestel26 Oktober 1958 met Pan American World Airways
Onttrek2013 (kommersieel)
StatusIn beperkte militêre en ongereelde huurvlugdiens
HoofgebruikerTrans World Airlines (histories)
Continental Airlines (histories)
Pan Am (histories)
Saha Airlines
Vervaardig1956–1978
Aantal gebou1 010 (insl. 154 Boeing 720's) [2]
EenheidskosteVS$ 4,3 miljoen (1955)[3]
Ontwikkel vanBoeing 367-80
WeergawesBoeing 720
Boeing C-137 Stratoliner
'n Boeing 707 van Olympic Airways styg op vanaf Ellenikon-lughawe in Griekeland in 1973

Boeing het in 1955 met 707-produksie begin, en die vervaardiging is uiteindelik in 1991 gestaak. In totaal is daar 1010 vliegtuie van hierdie model vervaardig, insluitend die Boeing 720, wat 'n korter weergawe van die model was. In 2013 het Saha Airlines van Iran die laaste kommersiële vlug van 'n Boeing 707 onderneem.[4] Daar is vandag nog Boeing 707s in diens maar hoofsaaklik in militêre gebruik deur lugmagte onder andere; die Verenigde State van Amerika, Israel, Saoedi-Arabië [5]. Die vliegtuig se vier enjins is deur Pratt & Whitney en CFM International verskaf.

Die Boeing 707 is in verskeie weergawes deur operateurs in Suid Afrika gebruik, hulle was onder andere:

Verwysings

Eksterne skakels