Consolidated B-24 Liberator

Amerikaanse twee motorige bomwerper

Die Consolidated B-24 Liberator is 'n Amerikaanse viermotorige swaarbomwerper wat ontwerp is deur Consolidated Aircraft van San Diego, Kalifornië. Die vliegtuig was binne die maatskappy bekend as Model 32 en sommige van die aanvanklike eenhede was geproduseer vir uitvoer vir gebruik as LB-30's, die Land Bomwerper kategorie.

Consolidated B-24 Liberator
Amerikaanse Consolidated B-24D Liberator oor Maxwell Field, Alabama.
TipeBomwerper
VervaardigerConsolidated Aircraft
Nooiensvlug29 Desember 1941
StatusUit diens gestel
HoofgebruikerAmerikaanse Lugmag

Britse Lugmag

By sy ontstaan was die B-24 'n moderne ontwerp met 'n hoogs doeltreffende skouergemonteerde Davis-vlerk met 'n hoë aspekverhouding. Die vlerk het die Liberator 'n hoë kruissnelheid en lang togafstande gegee en ook die bomlading verbeter. In vergelyking met sy tydgenote was die B-24 relatief moeilik om te vlieg en het swak laesnelheidverrigting gehad; dit het ook 'n laer vlieg plafon gehad en was minder robuust as die Boeing B-17 Flying Fortress. Terwyl lugbemannings geneig was om die B-17 te verkies, het Weermag Personeel die B-24 verkies en dit in groot getalle vir 'n wye verskeidenheid rolle aangeskaf.[1][2] Daar was ongeveer 18 500 eenhede van die vliegtuig vervaardig (insluitend 8 685 eenhede deur Ford) en dit is steeds die rekord vir bomwerpers, swaarbomwerpers, multi-motorige vliegtuie en Amerikaanse militêre vliegtuie vervaardig.

Die B-24 was tydens die Tweede Wêreldoorlog op groot skaal gebruik deur elke afdeling van die Amerikaanse Magte sowel as verskeie Geallieerdes se lugmagte en vlote. Dit het in elke moontlike gebied van operasies diens gedoen. Saam met die B-17 het hulle die ruggraat gevorm van die Amerikaanse strategiese bombardering offensief in die Wes-Europese gebied. Ook as gevolg van sy lang togafstand was die bomwerper uiters bruikbaar in die oorlog in die Stille Oseaan, insluitend die bombardering van Japan. Lang-togafstand teenduikboot Liberators het 'n groot rol gespeel om die gaping oor die middel van die Atlantiese Oseaan te dek tydens die Slag van die Atlantiese Oseaan. Die Liberator vragvliegtuig het 'n langer togafstand en groter kapasiteit as sy eweknie die Douglas C-47 Skytrain gehad.

Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die tegnologiese deurbrake van die Boeing B-29 Superfortress en meer moderne bomwerpers tot gevolg gehad dat die bomwerpers wat van die begin van die oorlog gebruik was verouderd was. Die B-24 was gou uit diens onttrek met die uitsondering van die Consolidated PB4Y-2 Privateer martieme vliegtuig wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik was tydens die Korea-oorlog.

Ontwerp en ontwikkeling

XB-24 in vlug

Aanvanklike spesifikasies

In 1938 het die Amerikaanse Leër Lugkorps (ALLK) vir Consolidated versoek om die B-17 onder lisensie te produseer. Nadat Consolidates se uitvoerende beamptes, saam met hul President Reuben Fleet, die Boeing fabriek besoek het in Seattle, Washington, het hulle besluit om eerder 'n meer moderne ontwerp van hull eie te bou.[3]

Die ontwerp vir die nuwe Model 32 was 'n samestelling van ontwerper David R. Davis se vlerk, 'n hoë-effektiwiteit vlerkprofiel met 'n onortodokse ontwerp,[4] met die dubbelstert van die van die Consolidated Model 31-vliegboot, tesame in 'n nuwe romp. Die nuwe romp was ontwerp óm die twee bomrakke wat dieselfde grootte en kapasiteit as die B-17 se bomrakke gehad het.

In Januarie 1939 het die ALLK, met Spesifikasie C-212, vir Consolidated amptelik uitgenooi[5] om 'n ontwerp in te dien vir 'n bomwerper met 'n langer togafstand, hoër spoed en hoogte as dan van die B-17. Die spesifikasie was so saamgestel dat Model 32 outomaties die wen ontwerp sou wees. Die program was deel van die oorhoofse groep, "Project A", 'n Lugkorps behoefte vir 'n interkontinentale bomwerper wat in die 1930's bedink was. Alhoewel die B-24 nie aan Project A se vereistes voldoen het nie was dit 'n stap in die regte rigting. Project A het gelei tot die ontwikkeling van die B-29 en Consolidates se eie B-32 en B-36.[6]

Ontwerp

Die B-24 was toegerus met 'n skouerhoë hoë aspek Davis-vlerk. Die vlerk was hoogs effektief wat relatiewe hoë lugspoed en lang togafstand verseker het. In vergelyking met die B-17 was die vlerkspan 1.8 m wyer maar met 'n kleiner vlerk area. Dit het die B-24 'n 35 persent hoër vlerklading gegee. Die relatiewe dik vlerk het die potensiaal gehad vir groter brandstof tenks met groter hefkrag en spoed maar die nadeel was dat dit onaangenaam was om te vlieg met groter vragte op hoë hoogtes en in slegte weer. Die Davis-vlerk was ook meer onderhewig aan ys wat gevorm het op die vlerk, meer as die ontwerpe van dié tyd en dit het lugvloei oor die vlerk versteur en sodoende minder stukrag tot gevolg gehad. Dit was nie 'n aangename ondervinding vir die vlieëniers nie en het opmerkings tot gevolg gehad soos volg: "The Davis wing won't hold enough ice to chill your drink".[7]Die vlerk was ook makliker beskadig deur vyandelike vuur as die B-17 se vlerk; die vliegtuig kon nie soveel straf verduur het as ander vliegtuie nie.

Daar was vier turbo aangejaagde Pratt & Whitney R-1830 Twin Wasp-enjins aan die vlerk geheg met enjinkappe wat geleen was van die PBY Catalina (dit was feitlik dieselfde behalwe dat dit ovaalvormig was om voorsiening te maak vir olieverkoelers weerskante van die enjin). Die enjins het skroewe met drie veranderbare steekhoek-lemme gedraai.

Die stertvlak het twee groot ovaal vertikale stabiliseerders gehad wat aan die punte van 'n reghoekige horisontale stabiliseerder gemonteer is. Reeds in 1942 is erken dat die Liberator se hantering en stabiliteit verbeter kan word deur die gebruik van 'n enkele vertikale stertvin. Die enkelvin was getoets deur Ford op 'n B-24ST variant en 'n eksperimentele XB-24K en die bevinding was dat dit die hantering verbeter het. Tog was alle Liberators vervaardig met twee vertikale stabiliseerders met die uitsonderinng van agt voorproduksie B24N vliegtuie. Die B24N was ontwerp as 'n wesenlike model variant met een slegs een stertvin. Daar was bestellings vir meer as 5 000 eenhede van die vliegtuig geplaas in 1945 maar dit was gekanselleer aan die einde van die jaar. Die enkel stertvin is egter gebruik vir die produksie van die Consolidated PB4Y-2 Privateer model.[8][9][10]

Die B-24 se ruim, plaat romp (wat dit die bynaam Vlieënde bokskar laat kry het)[11] was ontwerp en gebou rondom twee sentrale bomrakke wat elk tot 8 000 kg se bomme kon dra in elke bomrak. Die bomrakke is selde propvol gelaai omrede dit togafstand en hoogte beinvloed het. Die voorste en agterste bomrakke is verder in die lengte verdeel met 'n middellyn ventrale loopplank net 23 cm breed,[12] wat ook as die romp se strukturele kielbalk gefunksioneer het.


Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Consolidated B-24 Liberator:
ItemStatistiek
Aantal motors4
Tipe motorSkroef
VervaardigerPratt & Whitney
Kraglewering per motor1200 perdekrag
Vlerkspan33,53 m
Lengte20,22 m
Hoogte5,46
Maks. opstyg massa29 030 kg
Maks. snelheid488 km/h op 7 620 m
Operasionele hoogte9 754 m
Togafstand7 403 km
BewapeningTwee 0.50 Browning masjiengewere en
sewe 0.303 Browning masjiengewere.

Sien ook

Verwysings

Bron