Daejeon

Daejeon (Koreaans: 대전광역시, [tɛd͡ʑʌn], , letterlik: "groot veld") is die vyfde grootste stad naas die hoofstad Seoel, Busan, Incheon en Daegu in die weste van Suid-Korea en lê in die suidweste van die Koreaanse Skiereiland. Die stad het 'n bevolking van 1 469 543 in 2022 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 539,85 km². Daejeon was tydens die Korea-oorlog tydelik die hoofstad van Suid-Korea en was grootliks vernietig. Ná die oorlog het egter 'n groot herboufase vir die stad begin. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.

Daejeon
대전광역시

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Suid-Korea Suid-Korea
 StreekHoseo
 Koördinate36°21′N 127°23′O / 36.350°N 127.383°O / 36.350; 127.383
 Stigting1895
 Oppervlakte: 
 - Totaal539,85 vk km
 Hoogte bo seevlakm
 Bevolking: 
 - Totaal (2022)1 469 543
 - Bevolkingsdigtheid2 700/vk km
 TydsoneUTC +9 (KST)
 BurgemeesterHeo Tae-jeong
 Amptelike webwerfdaejeon.go.kr
Daejeon (Heodeok) in 1872

Eksterne skakels