Emiraat Dirija

الدولة السعودية الأولى

Die Emiraat Dirija (Arabies: إمارة الدرعية) was die eerste Saoediese staat.[1] Dit is in 1744 gestig toe die prediker Mohammad ibn Abdoel-Wahhab en prins Mohammad ibn Saoed ’n bondgenootskap gesluit het om ’n sosiaal-godsdienstige hervormingsbeweging te stig om die baie state op die Arabiese Skiereiland te verenig en van Ottomaanse imperialisme te bevry.[2][3]

إمارة الدرعية
Emiraat Dirija
1744 – 1818
Ligging of Emiraat Dirija
Ligging of Emiraat Dirija
HoofstadAl-Dirija
Taal/TaleArabies
GodsdiensIslam
RegeringMonargie
EmirMohammad ibn Saoed
Historiese tydperk18de en 19de eeu
 - Gevestig1744
 - Ontbind1818

In die loop van die 18de eeu het die Saoedi's die grootste deel van die skiereiland, waaronder die heilige stede Mekka en Medina, onder hulle gesag verenig. In die Ottomaans-Saoediese Oorlog van 1811-1818 is die emiraat deur die Ottomaanse Ryk verslaan.

Die Saoedi's was egter daartoe verbind om ’n tweede Saoediese staat te stig wat tot in 1891 geduur het en later ’n derde staat, Saoedi-Arabië, wat vandag nog bestaan.[4] Die manier waarop Mohammad ibn Saoed sy regering – wat op Islamitiese beginsels geskoei was – saamgestel het, dien vandag nog as model vir die heersers van die Huis van Saoed.

Sien ook

Verwysings

Bronne