Harappa

Harappa (Oerdoe: ہڑپّہ) is ’n argeologiese terrein in Pandjab, Pakistan. Dit is genoem na ’n moderne dorp naby die voormalige ligging van die Ravirivier, wat nou 8 km noord daarvandaan verbyvloei. Die moderne dorp, met ’n inwonertal van slegs 15 000, is sowat 6 km van die antieke terrein af geleë. Die terrein bevat die ruïnes van ’n ommuurde stad uit die Bronstydperk, wat deel was van die Indusvalleibeskawing. Dit was in Sindh en Pandjab gesentreer.[1]

Harappa

ہڑپّہ
Argeologiese terrein
’n Groot put en badplatforms uit Harappa se finale fase van besetting, omstreeks 2200 tot 1900 v.C.
’n Groot put en badplatforms uit Harappa se finale fase van besetting, omstreeks 2200 tot 1900 v.C.
Harappa is in Pakistan
Harappa
Harappa
Die ligging van Harappa in Pakistan.
Koördinate: 30°37′44″N 72°51′50″O / 30.62889°N 72.86389°O / 30.62889; 72.86389 72°51′50″O / 30.62889°N 72.86389°O / 30.62889; 72.86389
LandVlag van Pakistan Pakistan
DistrikPandjab
ToestandRuïnes
Webwerfwww.Harappa.com

Die stad het vermoedelik tot 23 500 inwoners gehad en sowat 150 ha beslaan, met kleihuise tydens die Gevorderde Harappa-fase (2600-1900 v.C.) wat as groot vir dié tyd beskou word.[2][3] Vanweë die argeologiese gebruik om voorheen onbekende beskawings te noem na die terrein wat eerste opgegrawe is, is die Indusvalleibeskawing ook bekend as die Harappabeskawing.

Die antieke stad Harappa is erg beskadig tydens Britse heerskappy, toe stene van die ruïnes gebruik is om treinspore mee te bou. In 2005 is die bou van ’n omstrede vermaaklikheidspark op die terrein gestaak toe bouers baie argeologiese artefakte in die vroeë stadiums van die bouwerk opgediep het. Danksy ’n pleidooi van die Pakistanse argeoloog Ahmad Hasan Dani aan die departement van kultuur is begin met die restourasie van die terrein.[4]

Verwysings