Niuies

Niuies (ko e vagahau Niuē) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Niue, 'n gebied van die Koninkryk van Nieu-Seeland, vorm. Die teks van Niue se volkslied, Ko e Iki he Lagi, is in Niuies.

Niuies
ko e vagahau Niuē
Gepraat in:Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Gebied:Oseanië
Totale sprekers:7 067[1]
Taalfamilie:Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Oseanies
   Polinesies
    Tongies
     Niuies 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:niu
ISO 639-3:niu

Taalkundiges klassifiseer Niuies as 'n Tongiese taal wat nou verwant aan Tongaans van Tonga is. Dit is ietwat minder verwant aan Oos-Polinesiese tale soos Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans asook Wes-Polinesiese tale soos Samoaans, Tokelauaans en Tuvaluaans, en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Fidjiaans.

Niuies word deur 7 067 mense gepraat.

Verwysings