Polinesiese tale

Taalfamilie

Die Polinesiese tale is een van die twee bekendste en belangrikste taalgroepe van die Oseaniese tale, die ander is die Mikronesiese tale. Dit omvat 38 tale wat deur sowat 900 000 mense in die streek Polinesië gepraat word, vandaar die naam. Die Polinesiese tale bestaan uit drie subgroepe: Die Oos-Polinesiese, die Wes-Polinesiese en die Tongiese tale.

Polinesiese tale
Geografiese
verspreiding:
Polinesië
Genetiese
klassifikasie
:
Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Kern-Maleis-Polinesies
   Oseanies
    Fidjiaans-Polinesies
     Polinesiese tale
Onderafdelings:
Tongies
Oos-Polinesies
Wes-Polinesies

Die Fidjiaans-Polinesiese tale:

   Oos-Fidjiaans en Polinesiese tale

   Wes-Fidjiaans en Rotuman

Die grootste van die Oos-Polinesiese tale (volgens moedertaalsprekers) is: Māori (148 000), Tahitiaans (68 000), Cookeilandse Māori (26 710), Rapa Nui (2 700) en Hawais (1 000).

Die grootste van die Wes-Polinesiese tale (volgens moedertaalsprekers) is: Samoaans (413 257), Tuvaluaans (12 510) en Tokelauaans (3 970).

Die Tongiese tak omvat die tale Niuies (7 067) en Tongaans (180 910).

Die meeste van die tale vorm saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasies Cookeilande, Hawaii, Nieu-Seeland, Niue, Samoa, Tokelau, Tonga en Tuvalu, onderskeidelik. In teenstelling daarmee word Rapa Nui op die Chileense Paaseiland en Tahitiaans in Frans-Polinesië nie as amptelike tale erken nie. Daarbenewens is die meeste ander Polinesiese tale ernstig bedreig.

Bronne

  • (en) Nordhoff, Sebastian; Hammarström, Harald; Forkel, Robert; Haspelmath, Martin, reds. (2017). "Polynesian". Glottolog. Leipzig: Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology. {{cite book}}: Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)
  • (en) Lynch, John; Ross, Malcolm; Crowley, Terry (2002). The Oceanic Languages. Richmond, Surrey: Curzon. ISBN 978-0-7007-1128-4. OCLC 48929366.

Eksterne skakels