Joodse Outonome Oblast

federale deelgebied van Rusland

Die Joodse Outonome Oblast (Russies: Евре́йская автоно́мная о́бласть, Ewreiskaja aftonomnaja oblast; Jiddisj: ייִדישע אווטאָנאָמע געגנט, Jidisje aftonome gegnt) is die enigste outonome oblast van Rusland. Die deelgebied lê in die Russiese Verre-Ooste en grens aan Chabarofsk-krai, Amoer-oblast en China. Die hoofstad is Birobidzjan.

Joodse Outonome Oblast
Еврейская автономная область
Die ligging van die Joodse Outonome Oblast in Rusland.
Die ligging van die Joodse Outonome Oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrikVerre-Oosterse
Ekonomiese streekVerre-Oosterse
Stigting7 Mei 1934
Regering
HoofstadBirobidzjan
LeierAleksander Winnikof
AmpGoewerneur
WetgewerWetgewende Vergadering
Bevolking
Sensus2010
Totaal176 558
Volgorde80ste
Digtheid4,9/km2
Stedelik67,6%
Plattelands32,4%
Statistiek
Oppervlakte36 000 km2
Volgorde61ste
TydsoneUTC+11:00
Registrasienommer79
Amptelike taleRussies
Webtuistehttp://www.eao.ru/
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon  Rusland

Die outonome oblast is in 1934 gestig na aanleiding van Josef Stalin se beleid van nasionalisasie. Daarvolgens het die Sowjetunie se Joodse bevolking ’n gebied gekry waar hulle die Jiddisje kultuur binne ’n sosialistiese raamwerk kon beoefen.[1]

Volgens die 1939-sensus het 17 695 Jode (16% van die totale bevolking) in die gebied gewoon. Die 1959-sensus, ses jaar ná Stalin se dood, het getoon dat die Joodse bevolking afgeneem het tot 14 269.[2] Sedert 2002 woon 2 327 Jode (1,22% van die bevolking) in die streek en maak Russe 90% van die bevolking uit, gevolg deur Oekraïners (4,44%).[3]

Geskiedenis

In Desember 1858 het die Russiese regering toestemming gegee vir die stigting van die Amoer-Kosakke vir die beskerming van die suidoostelike grens van Siberië. Tussen 1858 en 1882 is 63 nedersettings gestig.

Die bou van die Transsiberiese Spoorlyn het in 1898 begin en dit het Tsjita en Wladiwostok met mekaar verbind. Talle nuwe setlaars het toe die gebied binnegestroom en nog nuwe nedersettings is begin.

In 1928 het die Sowjetunie ’n wet deurgevoer vir die afsondering van die streek vir die stigting van ’n Joodse gebied. Volgens Stalin se beleid sou elke nasionale groep wat deel van die Sowjetunie was, ’n gebied kry waar hulle hul kultuur kon beoefen binne ’n sosialistiese raamwerk. Dit was ook ’n reaksie op twee sogenaamde bedreigings vir die Sowjet-staat: Judaïsme, wat teenstrydig was met die Sowjet-beleid van ateïsme, en Zionisme, die stigting van die moderne staat Israel wat teenstrydig was met die Sowjet-idee van nasionalisme.

Nog twee voordele was ’n toename in die bevolking van die afgeleë Russiese Verre-Ooste, veral aan die kwesbare grens met China, en Stalin kon ook die Jode so ver as moontlik weghou van die sentrale mag.

Die projek het in die middel dertigs skipbreuk gely tydens Stalin se eerste groot suiwering. Joodse leiers is gearresteer en tereggestel en Jiddisje skole is gesluit. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die idee van die Joodse tuisland weer posgevat as ’n tuiste vir Joodse vlugtelinge. Dit is egter beëindig deur die doktersameswering (gerugte dat daar ’n sameswering onder Joodse dokters was om die Sowjetleiers te vermoor), die stigting van Israel en Stalin se tweede groot suiwering kort voor sy dood. Weereens is Joodse leiers vervolg en pogings is aangewend om die Jiddisje kultuur uit te wis.

Sommige geleerdes meen Stalin het beplan om alle Jode in die Sowjetunie na die Joodse oblast te deporteer, nes hy met baie ander volke gedoen het. Die Doktersameswering was dalk die eerste stap in hierdie rigting. Die plan is egter laat vaar teen die tyd dat Stalin op 5 Maart 1953 dood is.

Teen 1991 het Jode minder as 2% van die bevolking uitgemaak. Jiddisj word egter weer in skole aangebied en daar is ’n Jiddisje radiostasie.

Ekonomie

Die ekonomie is gebaseer op goud, tin, yster, grafiet, hout, beperkte landbou en die vervaardiging van veral voedsel en tekstiel.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Jewish Autonomous Oblast

132°12′O / 48.600°N 132.200°O / 48.600; 132.200