Karma

Karma (Sanskrit: कर्म, karma; Pali: kamma) beteken aksie, werk of daad;[1][2] dit verwys ook na die spirituele beginsel van "oorsaak en effek", waar ’n mens se aksies (oorsaak) sy toekoms bepaal (effek).[3]

Die motiewe in Indiese tempels gebruik dikwels vorms en knope wat met mekaar verbind is om die verband tussen karma en die lewe uit te beeld. Dié motief kom uit ’n Djainistiese tempel.

Omskrywing

Goeie bedoelings en dade dra by tot goeie karma en toekomstige geluk, terwyl slegte bedoelings en dade slegte karma en toekomstige lyding veroorsaak.[4][5] Karma is nou verwant aan die idee van hergeboorte in sommige Asiatiese godsdienste.[6] In dié skole beïnvloed karma ’n mens se huidige lewe, sowel as jou toekomstige lewens (samsara).[7]

Die idee van karma het sy oorsprong in antieke Indië en word dus aangetref in Hindoeïsme, Boeddhisme, Djainisme, Sikhisme[8] en Taoïsme.[9]

Verwysings

Eksterne skakels