Kommunistiese Party van die Russiese Federasie

Die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie of KPRF (Russies: Коммунистическая партия Российской Федерации, (КПРФ); Kommoenistitsjeskaja partija Rossiiskoi Federatsii) is die tweede grootste politieke party van RuslandVerenigde Rusland. Die jeugliga is bekend as die Leninistiese Komsomol van die Russiese Federasie.

Kommunistiese Party van die Russiese Federasie
KPRF
Logo van die betrokke party.
Logo van die KPRF

LeierGennadi Zioeganof
Slagspreuk«Пролетарии всех стран, соединяйтесь!»
"Werkers van die wêreld, verenig!"
Gestig14 Februarie 1993
Voorafgegaan deurKommunistiese Party van die Sowjetunie (beweer)
NuusbriefPrawda
HoofkwartierMoskou
JeugvleuelLeninistiese Komsomol van die Russiese Federasie
IdeologieKommunisme[1][2]
Marxisme–Leninisme[2]
Internasionale affiliasieInternational Meeting of Communist and Workers' Parties
International Communist Seminar
Amptelike kleure     Rooi
Webbladkprf.ru
Vlag van die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie

Die party is op 14 Februarie 1993 gestig en beskou homself as die opvolger van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie.[3] Die leier is Gennadi Zioeganof, ’n medestigter, wat deur sommige beskou word as ’n voorstander van nasionalisme.[4]

Zioeganof het die parlementêre verkiesing van 2003 ’n "walglike spektakel" genoem en die Kremlin daarvan beskuldig dat dit ’n "skynparty", Rodina, gestig het om dié party se stemme te steel.

Die amptelikie ideologie van die party is kommunisme, Marxisme-Leninisme en patriotisme. Die party lê klem op sy unieke Russiese karakter en het herhaaldelik ’n oproep gedoen vir patriotisme en nasionalisme benewens die amptelike Marxisme-Leninisme van sy Sowjet-voorganger.[5] Anders as laasgenoemde party ná 1956, vier die KPRF die bewind van Josef Stalin.[6] Op die herdenking van Stalin se geboorte op 21 Desember 2010 het Zioeganof in ’n ope brief aan president Dmitri Medwedef ’n beroep gedoen vir die "re-Stalinisasie" van Rusland.[7]

Gewildheid

In die eerste parlementêre verkiesing van 1993 het die party net 12,4% van die stemme gekry, maar daarna gegroei tot 22% in 1995 en 24% in 1999. In 2003 het dit met byna die helfte gekrimp tot 13%, waarmee dit 51 van die 450 setels in die Doema gewen het. In 2007 het dit nog minder, net 11,6%, van die stemme gekry. Dit is egter steeds die grootste opposisieparty, en sy kandidate het nog in al die presidentsverkiesings sedert die val van die Sowjetunie die tweede meeste stemme gekry. In die 2008-verkiesing het Zioeganof 17,8% (13 243 550 stemme) gekry. Hy het selfs die Verenigde Rusland-kandidaat, Medwedef, in sommige dorpe geklop.

Galery

Verwysings

Verdere leesstof

  • KPRF ideology and its implications for democratization in Russia, deur Syed Mohsin Hashim. In: Communist and Post-Communist Studies Volume 32, Uitgawe 1, Maart 1999, bl. 77–89

Eksterne skakels