Leeds

Leeds [ˈliːdz] is 'n stad en metropolitaanse borough in Wes-Yorkshire, Noord-Engeland wat as die kulturele, finansiële en kommersiële sentrum van die stedelike gebied van Wes-Yorkshire (West Yorkshire Urban Area) met 'n bevolking van 1,5 miljoen dien.

Leeds

Ligging in EngelandLeeds in Wes-Yorkshire
Wapen
 LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Land (VK)Vlag van Engeland Engeland
 GraafskapWes-Yorkshire
 Koördinate53°48′N 1°33′W / 53.800°N 1.550°W / 53.800; -1.550 1°33′W / 53.800°N 1.550°W / 53.800; -1.550
 Oppervlakte: 
 - Totaal551,72 vk km
 Bevolking: 
 - Totaal (2017)784 800
 - Bevolkingsdigtheid1 422/km²
 TydsoneGMT
 - SomertydBST (GMT+1)
 Lord MayorEileen Taylor
 Amptelike Webwerfwww.leeds.gov.uk
Leeds CBD at night.jpgNagtelike uitsig oor Leeds se besigheidskern
County Arcade, Victoria Quarter
Victoriaanse meesterstuk: Cuthbert Brodrick se Leeds Corn Exchange is intussen omgeskep tot #n winkelsentrum

Leeds maak daarnaas deel uit van die metropolitaanse gebied van Leeds-Bradford, die vierde grootste in die Verenigde Koninkryk met sowat 2,3 miljoen inwoners, en vorm die kernstad van die Leeds City Region, 'n ekonomiese streek met 'n bevolking van 2,9 miljoen. Vandag is Leeds die Verenigde Koninkryk se belangrikste sentrum vir sake-, regs- en finansiële dienste buiten Londen.

Die stad voer sy oorsprong terug na die 5de eeu toe die Koninkryk Elmet deur die bos van Loidis bedek was. Leeds het later 'n belangrike sentrum vir die wolbedryf geword wat ook tydens die nywerheidsomwenteling die basis van die plaaslike ekonomie sou vorm. Die stadsgebied van Leeds het vinnig uitgebrei en steeds meer nedersettings in die omgewing geabsorbeer om in die middel van die 20ste eeu tot een van Engeland se digsbevolkte stede te groei. Die huidige kernstad is met sowat 441 000 inwoners volgens die sensus van 2010 die vyfde grootste stedelike nedersetting in die Verenigde Koninkryk.

'n Aantal nedersettings in die Verenigde State en Kanada is na Leeds genoem.

Leeds was een van die gasheerstede tydens die Krieketwêreldbeker 1975, Krieketwêreldbeker 1979, Krieketwêreldbeker 1983, Krieketwêreldbeker 1999, Rugbywêreldbeker 2015 en Krieketwêreldbeker 2019.

Demografie

Leeds is een van die grootste stede in die Verenigde Koninkryk. In 2006 was die bevolking in die distrik 85% Blankes, 5,7% Indiërs en 3,5% Swartes.

Susterstede

Eksterne skakels