Maha Vajiralongkorn

Maha Vajiralongkorn (Thai: วชิราลงกรณ; RTGS: Maha Wachiralongkon), regerende titel Phrabat Somdet Phra Vajira Klao Chao Yu Hua (Thai: พระบาทสมเด็จพระวชิรเกล้าเจ้าอยู่หัว; gebore 28 Julie 1952), is die koning van Thailand sedert 2016. Hy is die enigste seun van koning Bhumibol Adulyadej en koningin Sirikit. In 1972, op die ouderdom van 20, word hy deur sy vader kroonprins gemaak. Na die dood van sy vader op 13 Oktober 2016 word daar van hom verwag om op die troon van Thailand toe te tree, maar hy het gevra om te treur voordat hy die troon inneem.

Maha Vajiralongkorn
มหาวชิราลงกรณ์
Koning van Thailand
DinastieMahidol en Chakri
Bewind13 Oktober 2016
Kroning4 Mei 2019
Gebore(1952-07-28)28 Julie 1952
Bangkok, Thailand
VoorgangerBhumibol Adulyadej
GadeSoamsawali Kitiyakara
Yuvadhida Polpraserth
Srirasmi Suwadee
Suthida Tidjai
KindersBajrakitiyabha
Sirivannavari Nariratana
Dipangkorn Rasmijoti
VaderBhumibol Adulyadej
MoederSirikit Kitiyakara

Hy het die troon aanvaar op die aand van 1 Desember 2016. Sy vader is op 26 Oktober 2017 veras. Sy kroning het plaasgevind vanaf 4 tot 6 Mei 2019. Die Thaise regering het terugwerkend verklaar dat sy regering op 13 Oktober 2016 begin, na sy vader se afsterwe. As die tiende monarg van die Chakri-dinastie word hy ook as Rama X aangedui. Op daardie tydstip was Vajiralongkorn die oudste Thaise monarg (64) wat die troon aanvaar het.

Eksterne skakels