Makaronesië

'n Versameling van vier eilandgroepe in die Noord-Atlantiese Oseaan aan die kus van Europa en Afrika

Makaronesië of Makaronesiese eilande (letterlik: "gelukkige" of "geseënde eilande"; afgelei van die Griekse woorde μάκαρ, mákar vir "gelukkig/geseënd" en νῆσος, nḗsos vir "eiland") is 'n biogeografiese streek, bestaande uit vier argipels van vulkaniese oorsprong wat in die Noord-Atlantiese Oseaan langs die weskuste van Afrika en Europa geleë is.[1] Elke argipel bestaan uit 'n aantal eilande, gevorm van ondersese berge op die oseaanbodem wat oor die oseaan se oppervlak uitsteek. Die Makaronesiese eilande is verdeel tussen drie lande: Portugal, Spanje en Kaap Verde.[2][3][4] Administratief val die eilande, wat tot Portugal en Spanje behoort, onder die Europese Unie; die eilandnasie Kaap Verde behoort tot die Afrika-unie. Geologies behoort Makaronesië tot die Afrikaplaat, insluitende die Asore wat op die ontmoetingspunt van die Eurasiese met die Amerikaanse plaat geleë is.[5][6]

Ligging van Makaronesië
Kaart van Makaronesië
Vlae van die vier Makaronesiese argipels Asore, Madeiraeilande, Kanariese Eilande en Kaap Verde

Ten spyte van die lang afstande heers ooreenkomste tussen die eilande se fauna en flora. Volgens die Europese Unie vorm die drie Europese argipels (dit wil se sonder Kaap Verde) 'n omgewingsstreek bekend as die Makaronesiese streek van Europa.[7]

Etimologie

Die naam Makaronesië is deur die Engelse plantkundige Philip Barker Webb ingevoer;[8] hy het vanaf 1835 tot 1850 saam met Sabin Berthelot en Alfred Moquin-Tandon Histoire naturelle des Iles Canaries gepubliseer. Die term is van die Antike Griekse geografieliteratuur ontleen, wat na die eilande buite die Middellandse See – wes van die Straat van Gibraltar – as μακάρων νῆσοι, makáron nḗsoi, "eilande van die geluksalige" verwys het (geleen aan die idees van Elysium, wat reeds digters in voor-antieke tyd as in die weste beskryf het). Die natuurkundiges van die vroeë tot middel-keiserlike tydperk (Plinius die ouere, Ptolemeus en ander) het tot agt van daardie eilande as die "eilande van die geluksalige" beskou.

Makaronesië word soms verkeerd gespel as "Makronesië" as gevolg van 'n valse analogie met Mikronesië, 'n argipel in die Stille Oseaan sonder enige verband met Makaronesië, wat onder andere die eilandnasie Gefedereerde State van Mikronesië huisves.

Argipels

Makaronesië bestaan uit vier hoofargipels. Hulle is, van noord tot suid:[6]

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.