Maria Sharapova

Maria Yuryevna Sharapova (Russies: Мари́я Ю́рьевна Шара́пова, Maria Yuryevna Sharapova, [mɐˈrʲijə ˈjʉrʲjɪvnə ʂɐˈrapəvə], ; gebore 19 April 1987 in Njagan, Wes-Siberië) is 'n voormalige Russiese tennisspeler en model.

Maria Sharapova
Sharapova tydens die Mutua Madrid Open in 2015
Volle naamМари́я Ю́рьевна Шара́пова
Maria Yuryevna Sharapova
LandVlag van Rusland Rusland
WoonplekBradenton, Florida[1]
Geboortedatum19 April 1987 (1987-04-19) (37 jaar oud) [1]
GeboorteplekNjagan, Russiese SFSR, Sowjetunie (nou Rusland)[1]
Lengte1,88 m[1]
Begin professioneel19 April 2001[1]
Afgetree26 Februarie 2022[1]
SpelstylRegshandig (tweehandig handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld$38 777 962 (soos op 30 Januarie 2023)[1] (4de van alle tye)[2]
Amptelike webbladmariasharapova.com
Enkelspel
Loopbaanrekord645–171 (79,0%)[1]
Loopbaantitels36 WTA,[1] 4 ITF
Hoogste rangNo. 1 (22 Augustus 2005)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese OpeW (2008)
JuniorE (2002)
Franse OpeW (2012, 2014)
Junior3R (2002)
WimbledonW (2004)
VSA-OpeW (2006)
Groot toernooie
ToereindrondeW (2004)
Olimpiese Spele Silwermedalje (2012)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord23–17 (57,5%)[1]
Loopbaantitels3 WTA[1]
Hoogste rangNo. 41 (14 Junie 2004)[1]
Australiese Ope2R (2003, 2004)
VSA-Ope2R (2003)
Gemengde dubbelspel
Loopbaan-rekord2–1 (66,7%)
Loopbaantitels0
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae
VSA-OpeKE (2004)
Laaste opgedateer op: 30 Januarie 2023.

Sharapova is bekend vir haar harde gekreun tydens wedstryde soos sy houe slaan. Tydens 'n wedstryd in 2005 op Wimbledon is die kreun gemeet op 101 dB, ongeveer die volume van 'n polisiemotor se sirene op kort afstand.[3]

In Maart 2016 het aan die lig gekom dat Sharapova tydens die Australiese Ope 'n dwelmtoets vir meldonium, 'n stof wat aan die begin van 2016 deur die Wêreldagentskap teen Opkikkers (Wada) verbied is, gefaal het. Op 8 Junie 2016 is sy deur die Internasionale Tennisfederasie (ITF) vir twee jaar verban.[4]

Grand Slam-rekord

Maria Sharapova tydens die Franse Ope in 2013
Maria Sharapova tydens die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen

Die tabel toon Sharapova se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in vroue-enkels waaraan sy deelgeneem het:

JaarAustraliese OpeFranse OpeWimbledonVSA-Ope
2003Rondte 1Rondte 1Rondte 4Rondte 2
2004Rondte 3KwarteindstrydWennerRondte 3
2005HalfeindstrydKwarteindstrydHalfeindstrydHalfeindstryd
2006HalfeindstrydRondte 4HalfeindstrydWenner
2007EindstrydHalfeindstrydRondte 4Rondte 3
2008WennerRondte 4Rondte 2Beseer
2009BeseerKwarteindstrydRondte 2Rondte 3
2010Rondte 1Rondte 3Rondte 4Rondte 4
2011Rondte 4HalfeindstrydEindstrydRondte 3
2012EindstrydWennerRondte 4Halfeindstryd
2013HalfeindstrydEindstrydRondte 2Beseer
2014Rondte 4WennerRondte 4Rondte 4
2015EindstrydRondte 4HalfeindstrydBeseer
2016DiskwalifiseerBeseerNie deelgeneem nieNie deelgeneem nie
2017Nie deelgeneem nieNie deelgeneem nieNie deelgeneem nieRondte 4
2018Rondte 3KwarteindstrydRondte 1Rondte 4
2019Rondte 4Nie deelgeneem nieRondte 1Rondte 1
2020Rondte 1Nie deelgeneem nieToernooi nie gehou nieNie deelgeneem nie

Verwysings

Eksterne skakels