Mars Pathfinder

Die Mars Pathfinder was ’n Amerikaanse ruimtetuig wat in 1997 ’n basisstasie met ’n verkenningsvoertuig op Mars geland het. Dit het bestaan uit ’n landingstuig, wat hernoem is tot die Carl Sagan-gedenkstasie, en ’n liggewig-voertuig met die naam Sojourner.[1]

Mars Pathfinder
Die Sojourner aan die werk op Mars.
Die Sojourner aan die werk op Mars.
OperateurNasa/JPL
Soort tuigLandingstuig,
verkenningsvoertuig
PlaneetMars
Gelanseer5 Desember 1996
Geland4 Julie 1997
LanseringsvuurpylDelta 7925 (#D240)
Massa264 kg (landingstuig),
10,5 kg (voertuig)

Die tuig is op 4 Desember 1996 gelanseer en het op 4 Julie 1997 op Mars geland – op ’n deel van Mars met die naam Ares Vallis, in die streek Chryse Planitia. Die landingstuig het toe oopgegaan en die Sojourner vrygelaat. Dié het talle eksperimente op die planeet gedoen om die atmosfeer, klimaat, geologie en samestelling van sy grond te ontleed.

Verwysings