Megagreep

eenheid van inligting of rekenaarberging wat gelykstaande is aan óf 1000² grepe

'n Megagreep is 'n eenheid van inligting of rekenaarberging wat gelykstaande is aan óf 1000² grepe of 1024² grepe, afhangende van die konteks waarin dit gebruik word. In baie seldsame gevalle word die term gebruik om 1000×1024 voor te stel. Megabyte word algemeen verkort na MB. Hierdie simbool moet egter nie verwar word met Mb nie, want Mb is die simbool vir megabit en nie megabyte nie. Die term megabyte is in 1970 vir die eerste keer gebruik. [1]

Hoeveelhede van grepe
SI-voorvoegselsBinêre voorvoegsels
Simbool
(naam)
Standaard-
gebruik
Historiese
gebruik
Simbool
(naam)
Waarde
kG (kilogreep)10001=10310241KiG (kibigreep)210
MG (megagreep)10002=10610242MiG (mebigreep)220
GG (gigagreep)10003=10910243GiG (gibigreep)230
TG (teragreep)10004=101210244TiG (tebigreep)240
PG (petagreep)10005=101510245PiG (pebigreep)250
EG (eksagreep)10006=101810246EiG (eksbigreep)260
ZG (zettagreep)10007=102110247ZiG (zebigreep)270
YG (jottagreep)10008=102410248YiG (jobigreep)280

Definisie

Die term "megagreep" is dubbelsinnig omdat dit algemeen gebruik word en twee waardes het, naamlik 1000² grepe of 1024² grepe. Die verwarring het aanvanklik begin toe daar ander benamings vir verskillende magte van die greep gebruik moes word, maar daar toe nog geen amptelike terme daarvoor was nie. 1024 (2¹º) is byvoorbeeld nagenoeg gelyk aan 1000 (10³), en daarom is name van die SI-eenhede wat rofweg ooreengestem het met die eenhede wat eintlik bedoel is, gebruik. Juis om hierdie rede het regerings- en ander organisasies hierdie probleem aangespreek deur mense aan te moedig om die term megagreep slegs te gebruik wanneer daar na 1000² grepe verwys word, en "mebigreep" wanneer daar na 1024² grepe verwys word. Hierdie verandering is al deur vele sagtewareprojekte in hul produkte aangebring, maar baie lêerbestuurdersprogramme gebruik nog "megagrepe" om die lêergroottes mee uit te druk.

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings