Petagreep

'n Petagreep (Engels: petabyte), afgekort PB, is 1000 teragrepe.

Hoeveelhede van grepe
SI-voorvoegselsBinêre voorvoegsels
Simbool
(naam)
Standaard-
gebruik
Historiese
gebruik
Simbool
(naam)
Waarde
kG (kilogreep)10001=10310241KiG (kibigreep)210
MG (megagreep)10002=10610242MiG (mebigreep)220
GG (gigagreep)10003=10910243GiG (gibigreep)230
TG (teragreep)10004=101210244TiG (tebigreep)240
PG (petagreep)10005=101510245PiG (pebigreep)250
EG (eksagreep)10006=101810246EiG (eksbigreep)260
ZG (zettagreep)10007=102110247ZiG (zebigreep)270
YG (jottagreep)10008=102410248YiG (jobigreep)280

Die petagreep is 'n veelvoud van die eenheid greep vir digitale inligting. Die voorvoegsel peta- verteenwoordig die vyfde mag van 1000, en beteken 1015 in die Internasionale Stelsel van Eenhede (SI). Dus is een petagreep een triljoen grepe.

1 PB = 1 000 000 000 000 000 grepe = 1015 grepe = 1 000 000 gigagrepe = 1000 teragrepe.

'n Verwante eenheid, die pebigreep (PiB), met behulp van 'n binêre voorvoegsel, is die ooreenstemmende 5de krag van 1024.

Voorbeelde van petagreep-grootte datastoorplek

  • Telekommunikasie (kapasiteit): Die wêreld se effektiewe kapasiteit om inligting uit te ruil deur tweerigting-telekommunikasienetwerke was 281 petagrepe se inligting in 1986, 471 petagrepe in 1993, 2200 petagrepe in 2000, en 65 000 petagrepe in 2007 (die inligting is gelykstaande daaraan dat elke persoon op aarde 6 koerante se inligting per dag uitruil).[1]
  • Telekommunikasie (gebruik): Die firma AT&T dra elke dag sowat 30 petagrepe se data oor deur middel van sy netwerke.[2]
  • Internet: Google verwerk daagliks sowat 24 petagrepe se data in 2009.[3]
  • Super: In Januarie 2012 het Cray begin bou aan die "Blue Waters Superkomper", wat met 'n kapasiteit van 500 petagrepe dit die grootste datastoorfasiliteit ooit sal maak.[4]
  • Datastoorstelsel: In Augustus 2011 word daar berig dat IBM die grootste stoorfasilitiet ooit gebou het, met 'n kapasiteit van 120 petagrepe.[5]
  • Databasisse: Teradata Database 12 het 'n kapasiteit van 50 petagrepe se saamgeperste data.[6]
  • Data-ontginning: In Augustus 2012 het Facebook se Hadoopbondels meer as 100 PB fisiese spasie in 'n enkele HDFS lêerstelsel,[7] en Yahoo! berg 2 petagrepe se data oor gedrag.[8]
  • Digitale argiewe: Die internetargief "The Wayback Machine" oorskry 15 petagrepe teen Mei 2014.[9]
  • E-pos: In Mei 2013 kondig Microsoft aan dat hulle as deel van hul migrasie van "Hotmail"-rekeninge na die nuwe Outlook.com e-posstelsel, meer as 150 petagrepe se gebruikersdata in ses weke migreer het.[10]

Verwysings