Mon

Mon (ဘာသာမန်) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur die Mon as moedertaal gepraat word. Mon is, nes die verwante Khmer, maar in teenstelling met die meeste ander tale van die vastelandse Suidoos-Asië, nie 'n tonale taal nie. Mon is 'n erkende inheemse taal in beide Mianmar en Thailand.[2]

Mon
ဘာသာမန် 
Uitspraak:[pʰesa mɑn]
Gepraat in:Vlag van Mianmar Mianmar 
Gebied:Suid-Asië
Totale sprekers:851 000[1]
Taalfamilie:Austro-Asiaties
 Monies
  Mon 
Skrifstelsel:Birmaanse skrif
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:
ISO 639-3:mnw
'n Antieke Mon-inskrif in Laos

Mon is in Unesco se wêreldatlas van bedreigde tale as 'n "kwesbare" taal gelys.[3] Dié taal staar assimilatiewe druk in beide Mianmar en Thailand in die gesig, waar baie Mon-mense nou eentalig met onderskeidelik Birmaans of Thai is. In 2007 is die aantal Mon-sprekers tussen 800 000 en 1 miljoen geskat.[4] In Mianmar woon die meeste Mon-sprekers in die suide van die land, veral in die Mon-deelstaat, maar ook in die Tanintharyi-streek en die Kayin-deelstaat.[5]

Die alternatiewe benaming van die Austro-Asiatiese tale – Mon-Khmer-tale – is van die twee tale Mon en Khmer afgelei.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Mon