Pahlavi-dinastie

Die Pahlavi-dinastie of Pahlevi-dinastie (Persies: دودمان پهلوی) was die laaste koninklike dinastie van Iran. Hulle het tussen 1925 en 1979 altesaam 54 jaar lank regeer. Hoewel die dinastie in die moderne tyd deur 'n niearistokratiese familie gestig is, het hulle hulleself genoem na die taal Pahlavi, wat in die pre-Islamitiese Sassanidiese Ryk gepraat is, om hulle nasionalistiese aansprake te versterk.[1][2]

Pahlavi-dinastie
Sjah van Persië

LandPersië
Gestig15 Desember 1925
StigterReza Sjah Pahlavi
Laaste heerserMohammed Reza Pahlavi
Afgesit11 Februarie 1979
Huidige hoofReza Pahlavi
Opgevolg deurIslamitiese Republiek Iran

[[File:Flag of Iran before 1979 Revolution (Pahlavi Monarchy).svg|thumb|Pahlavi-dinastie]]

Die dinastie het die Kadjar-dinastie in die vroeë 1920's vervang, vanaf 14 Januarie 1921 toe Brittanje die 41-jarige soldaat Reza Khan bevorder het om die Britsbeheerde Persiese Kosakbrigade aan te voer.[3] Sowat 'n maand later, onder Britse leiding, het Reza Khan se brigade van 3 000 tot 4 000 man Teheran bereik in wat bekend geword het as die Persiese staatsgreep van 1921.[4][5] Die res van die land is teen 1923 oorgeneem en teen Oktober 1925 het die owerhede ingestem om Ahmad Sjah Kadjar van die troon te sit en te verban. Reza Pahlavi is op 12 Desember 1925 as die nuwe sjah van Iran aangewys.[6]

Die dinastie het die land 28 jaar lank, van 1925 tot 1953, regeer as 'n vorm van konstitusionele monargie en ná die omverwerping van 'n demokraties verkose eerste minister, vir nog 26 jaar as 'n outokratieser monargie totdat die sjah self in 1979 afgesit is.

Pahlavi-sjahs van Iran

NaamPortretVerwantskapLeweVanTot
Sjahs van Iran
1Reza Sjah Seun van Abbas Ali1878-194415 Desember 192516 September 1941
2Mohammed Reza Pahlavi Seun van Reza Sjah1919-198016 September 194111 Februarie 1979
Aanspraakmakers
1Mohammed Reza Pahlavi Seun van Reza Sjah1919-198011 Februarie 197927 Julie 1980
  • Farah Pahlavi
  • (Aanspraakmaker-regent)[7]
Vrou van Mohammed Reza Pahlavi1938-27 Julie 1980[7]31 Oktober 1980[7]
2Reza Pahlavi Seun van Mohammed Reza Pahlavi1960-31 Oktober 1980[7]Hede

Verwysings

Skakels