Plaaslike Groep

Die Plaaslike Groep is die groep sterrestelsels wat ons Melkweg insluit. Dit bestaan uit meer as 50 stelsels (insluitende dwergsterrestelsels) en sy swaartekragmiddelpunt lê iewers tussen die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel. Die sterrestelsels van die Plaaslike Groep het ’n deursnee van 10 miljoen ligjare en ’n geraamde massa van 1,29±0,14 ×1012 sonmassas (M). Die groep is deel van die Plaaslike Superswerm, ook genoem die Virgo-superswerm.[1]

Die onreëlmatige sterrestelsel Sextans A is lid van die Plaaslike Groep en is 4,3 miljoen ligjare van die Aarde af. Die helder Melkweg-sterre op die voorgrond lyk hier geel. Agter hulle lê die sterre van Sextans A met jong, blou sterreswerms duidelik sigbaar.

Die grootste twee lede van die groep is die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel, albei spiraalvormige stelsels met ’n eie stelsel satellietgalaktikas.

Die ander lede van die groep is wat swaartekrag betref afgesonder van hierdie groot subgroepe: IC 10, IC 1613, Phoenix-dwerg, Leo A, Tucana-dwerg, Cetus-dwerg, Pegasus-dwerg, Wolf-Lundmark-Melotte, Aquarius-dwerg en Sagittarius-dwerg.

Geskiedenis

Die term "Plaaslike Groep" is die eerste keer deur Edwin Hubble gebruik in hoofstuk VI van sy boek The Realm of the Nebulae.[2] Hy het aanvanklik 12 lede van die groep genoem, maar teen 2003 het dit tot 36 toegeneem nadat feitlik twee dosyn sterrestelsels met ’n lae ligsterkte ontdek is.[3]

Sterrestelsels

Kaart

Die Plaaslike Groep.

Verskillende stelsels

Spiraalvormige sterrestelsels
NaamSoortSterrebeeldNotas
Andromeda (M31, NGC 224)SA(s)bAndromedaGrootste lid van die groep. Het dalk ’n kleiner massa as die Melkweg.
MelkwegSBbcTweede grootste, maar het dalk grootste massa.[4]
Triangulum (M33, NGC 598)SA(s)cdDriehoekDerde grootste, moontlik satelliet van Andromeda.
Ovaalvormige sterrestelsels
NaamSoortSterrebeeldNotas
M110 (NGC 205)E6pAndromedaSatelliet van Andromeda
M32 (NGC 221)E2AndromedaSatelliet van Andromeda
Onreëlmatige sterrestelsels
NaamSoortSterrebeeldNotas
Wolf-Lundmark-Melotte (WLM, DDO 221)Ir+Walvis
IC 10KBm of Ir+Cassiopeia
Klein Magellaanse Wolk (SMC, NGC 292)SB(s)m pecToekanSatelliet van Melkweg
Canis Major-dwergIrrGroot HondSatelliet van Melkweg
Pisces-dwerg (LGS3)IrrVisseSatelliet van Triangulum?
IC 1613 (UGC 668)IAB(s)m VWalvis
Phoenix-dwergIrrFeniks
Groot Magellaanse Wolk (LMC)Irr/SB(s)mSwaardvisVierde grootste lid van die groep, satelliet van Melkweg
Leo A (Leo III)IBm VLeeu
Sextans B (UGC 5373)Ir+IV-VSekstant
NGC 3109Ir+IV-VNoordelike Waterslang
Sextans A (UGCA 205)Ir+VSekstant
Ovaalvormige dwergsterrestelsels
NaamSoortSterrebeeldNotas
NGC 147 (DDO 3)dE5 pecCassiopeiaSatelliet van Andromeda
Sagittarius-dwergIB(s)m VBoogskutter
NGC 6822 (Barnard se Sterrestelsel)IB(s)m IV-VBoogskutter
Pegasus-dwerg (DDO 216)IrrVlieënde Perd
Sferoïdale dwergsterrestelsels
NaamSoortSterrebeeldNotas
Boötes I-dwergdSphVeewagter
Cetus-dwergdSph/E4Walvis
Canes Venatici I en IIdSphJaghonde
Andromeda IIIdE2AndromedaSatelliet van Andromeda
NGC 185dE3 pecCassiopeiaSatelliet van Andromeda
Andromeda IdE3 pecAndromedaSatelliet van Andromeda
Sculptor-dwerg (E351-G30)dE3BeeldhouerSatelliet van Melkweg
Andromeda VdSphAndromedaSatelliet van Andromeda
Andromeda IIdE0AndromedaSatelliet van Andromeda
Fornax-dwerg (E356-G04)dSph/E2OondSatelliet van Melkweg
Carina-dwerg (E206-G220)dE3KielSatelliet van Melkweg
Antlia-dwergdE3Lugpomp
Leo I-dwerg (DDO 74)dE3LeeuSatelliet van Melkweg
Sextans-dwergdE3SekstantSatelliet van Melkweg
Leo II-dwerg (Leo B)dE0 pecLeeuSatelliet van Melkweg
Ursa Minor-dwergdE4Klein BeerSatelliet van Melkweg
Draco-dwerg (DDO 208)dE0 pecDraakSatelliet van Melkweg
Sagittarius-dwergdSph/E7BoogskutterSatelliet van Melkweg
Tucana-dwergdE5Toekan
Cassiopeia-dwerg (Andromeda VII)dSphCassiopeiaSatelliet van Andromeda
Pegasus-dwerg (Andromeda VI)dSphVlieënde PerdSatelliet van Andromeda
Ursa Major I- en Ursa Major II-dwergdSphGroot BeerSatelliet van Melkweg
Identifikasie onseker
NaamSoortSterrebeeldNotas
Virgo-sterrestroomdSph (oorblyfsel)?MaagdBesig om met die Melkweg saam te smelt
Willman 1Dwergsterrestelsel
of sterreswerm?
Groot Beer147 000 ligjare ver
Andromeda IVIrr?AndromedaWaarskynlik nie ’n sterrestelsel nie
UGCA 86 (0355+66)Irr, dE of S0Kameelperd
UGCA 92 (EGB0427+63)Irr of S0Kameelperd
Moontlike nie-lede
NaamSoortSterrebeeldNotas
GR 8 (DDO 155)Im VMaagd
IC 5152IAB(s)m IVIndiër
NGC 55SB(s)mBeeldhouer
Aquarius-dwerg (DDO 210)Im VWaterdraer
NGC 404E0 of SA(s)0-Andromeda
NGC 1569Irp+ III-IVKameelperd
NGC 1560 (IC 2062)SdKameelperd
Camelopardalis AIrrKameelperd
Argo-dwergIrrKiel
ESO 347-8 (2318–42)IrrKraanvoël
UKS 2323-326IrrBeeldhouer
UGC 9128 (DDO 187)Irp+Veewagter
Sextans C
Voorwerpe in die Plaaslike Groep wat nie meer as sterrestelsels beskou word nie
NaamSoortSterrebeeldNotas
Palomar 12 (Capricornus-dwerg)Steenbok’n Sterreswerm voorheen ingedeel as ’n dwergsterrestelsel
Palomar 4 (oorspronklik Ursa Major-dwerg)Groot Beer’n Sterreswerm voorheen ingedeel as ’n dwergsterrestelsel

Ander merkwaardige voorwerpe

  • Smith se Wolk, ’n hoësnelheidswolk tussen 32 000 en 49 000 ligjare van die Aarde[5]
  • HVC 127-41-330, ’n hoësnelheidswolk 2,3 miljoen ligjare van die Aarde
  • Monoceros-ring, ’n ring van sterre om die Melkweg wat moontlik uit ’n sterrestroom bestaan wat van die Canis Major-dwergsterrestelsel weggeskeur is

Diagram

’n Diagram van die Aarde se ligging in die sigbare heelal. (Klik hier vir ’n kleiner weergawe.)

Verwysings

Eksterne skakels

Die Aarde se posisie in die heelal