Romani

Indo-Ariese taal
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Roma.

Romani of Romanes (romani ćhib) is 'n Indo-Ariese taal wat hoofsaaklik in Sentraal- en Oos-Europa deur 3 miljoen Roma gepraat word. Dit is verwant aan Hindi en Oerdoe. In Kosowo en Noord-Masedonië word Romani as plaaslike ampstaal erken en in Duitsland,[4] Finland, Hongarye,[5] Noorweë, Oostenryk, Roemenië, Slowenië en Swede[6] word Romani amptelik as minderheidstaal erken.

Romani
romani ćhib
Gepraat in:verskeie Europese lande 
Gebied:Sentraal- en Oos-Europa
Totale sprekers:3 miljoen[1]
Taalfamilie:Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Hindoestani
    Romani 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Flag of Kosovo Kosovo[2] (plaaslik)
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië[3] (plaaslik)
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:rom
ISO 639-3:rom 
Dialekte van Romani

Die belangrikste dialekte (volgens moedertaalsprekers) is: Vlax-Romani (500 000[7]), Balkan-Romani (600 000[8]) en Sinte-Romani (300 000[9]). Die verskille tussen verskeie variëteite is so groot soos, byvoorbeeld, die verskille tussen verskeie Slawiese tale.[10]

Verwysings

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Romani