Sachin Tendulkar

Sachin Ramesh Tendulkar (gebore 24 April 1973) is 'n voormalige Indiese krieketspeler. Hy is een van die mees legendariese spelers in krieket en word deur baie as die grootste kolwer ná die Australiër Donald Bradman beskou, ander beskou hom as die beste ooit. Hy het onder meer tydens die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2006 en 2009, asook die krieketwêreldbekertoernooie in 1992, 1996, 1999, 2003, 2007 en 2011 vir Indië gespeel.

Sachin Tendulkar
Sachin Tendulkar in 2015
Gebore24 April 1973 (1973-04-24) (51 jaar oud)
Mumbai, Maharashtra, Indië
Bynaam(e)Little Master, Master Blaster[1][2]
Lengte165 m
KolfstylRegshandig
BoulstylRegterarm bybreek, regterarm wegbreek
RolTopordekolwer
FamilieArjun Tendulkar (seun)
Ramesh Tendulkar (vader)
Internasionale geskiedenis
Nasionale spanIndië
Toetsdebuut (no 187)15 November 1989 v Pakistan
Laaste Toets14 November 2013 v Wes-Indië
EDI debuut (no 74)18 Desember 1989 v Pakistan
Laaste EDI18 Maart 2012 v Pakistan
EDI hempno.10
Enigste T20I (no 11)1 Desember 2006 v Suid-Afrika
Eersterangse spaninligting
Jaar(e)Span
1988–2013Mumbai
1992Yorkshire
1994East Bengal
2008–2013Mumbai Indians
Loopbaanstatistiek
KompetisieToetsEDI1ste rangA-lys
Wedstryde200463310551
Lopies aangeteken15 92118 42625 39621 999
Kolfgemiddeld53.7844.8357.8445.54
100s/50s51/6849/9681/11660/114
Hoogste telling248*200*248*200*
Aflewerings geboul4 2408 0547 60510 230
Paaltjies4615471201
Boulgemiddeld54.1744.4861.7442.17
5 paaltjies in 'n kolfbeurt0202
10 paaltjies in 'n wedstryd0000
Beste boulontleding3/105/323/105/32
Vangskote/Stonkings115/–140/–186/–175/–
Bron: ESPNcricinfo, 15 November 2013

Tendulkar word in sy land as 'n halfgod beskou. Hy is die belangrikste speler in die Indiese span van die afgelope twintig jaar. In 2011 het hy saam met Indië wêreldkampioen geword, volgens Tendulkar self een van die hoogtepunte van sy loopbaan. Die belangrikheid van sy insette word weerspieël in die tallose rekords wat hy tot sy eer het. Hy het die meeste lopies en honderdtalle in toetswedstryde sowel as in internasionale eendagkompetisies aangeteken. In Maart 2012 het hy sy 100ste internasionale honderdtal gevier: ’n prestasie wat dalk nooit weer geëwenaar sal word nie. Hy is ook die eerste speler wat daarin kon slaag om 'n dubbele honderdtal in 'n internasionale eendagwedstryd te behaal, wat net sy landgenoot Virender Sehwag dit oortref het. Boonop is hy die kolwer wat die meeste lopies in die geskiedenis van die krieketwêreldbekertoernooi aangeteken het. 'n Honderdtal is 'n mylpaal wat bereik word wanneer 'n speler 100 lopies of meer in een beurt aanteken.

Op 10 Desember 2005 het hy sy 35ste toetshonderdtal behaal en die rekord wat deur sy landgenoot Sunil Gavaskar opgestel is, gebreek. Hy is ook een van 'n uitgesoekte groep spelers, wat verder bestaan uit Brian Lara, Allan Border, Rahul Dravid, Jacques Kallis, Steve Waugh en Ricky Ponting wat meer as 10 000 toetslopies aangeteken het. Hy het die eerste speler geword met meer as 15 000 toetslopies. In Desember 2012 het hy sy uittrede uit eendag internasionale aangekondig ná 463 wedstryde en 18 426 lopies.

Sy internasionale loopbaan het op die ouderdom van 16 in 1989 begin toe hy toegelaat is om in die wedstryd teen Pakistan te speel. Hy het die jongste speler in Indië geword wat vir die nasionale span gespeel het. Sy grootste kwaliteit is kolfwerk, maar hy het ook gereeld presteer as bouler. In 1998 het hy Indië se grootste sporttoekenning, die Rajiv Gandhi Khel Ratna, ontvang. Sachin is in 2020 met die Laureus World Sports Award vereer.[3][4][5][6][7][8][9]

Verwysings

Eksterne skakels