Siddhartha Gautama

stigter van Boeddhisme

Siddharta Gautama (tussen omstreeks 563 v.C. en 483 v.C. – 483, 411 of 400 v.C.; Sanskrit en Devanagari: सिद्धार्थ गौतम), ook Gautama Boeddha genoem, is die stigter van die Boeddhisme. Hy was glo ’n welvarende man wat al sy besittings en familie prysgegee het om die idees waarop Boeddhisme gegrond is uit te dra.[1]

Gautama Boeddha
Gautama Boeddha
Gautama Boeddha
Ander name Siddharta Gautama, Shakyamuni
Persoonlik
Geboretussen ca. 563 v.C. tot 483 v.C., Lumbini (tans Nepal)
Oorledeca. 483 v.C. (op 80) of 411 en 400 v.C., Kusjinagar (tans in Uttar Pradesh, Indië)
Loopbaan
TitelDie Boeddha
Voorganger Kassapa Boeddha
OpvolgerMaitreya Boeddha

Gautama het in die 6de eeu v.C. in Noord-Indië gewoon, glo in dieselfde tyd as Mahavira. Daar word vertel dat hy grootgemaak is om 'n koning te word en met 'n pragtige prinses getrou het. As 'n jong prins sou sy pa hom teen al die hartseer van die wêreld buite die paleise beskerm het deur hom nooit te laat uitgaan nie, maar op 'n keer het hy uitgeglip en die lyding daarbuite aanskou. Hy het toe sy gesin en lewe van beskerming en groot gerief agterlaat om die oplossings vir hierdie lyding te vind.

Ses jaar lank het hy probeer en misluk, totdat hy onder 'n boom gaan sit en mediteer en sy "verligting" ontvang het. Hy het toe Boeddha geword, wat "die verligte een" beteken.

Volgens die Theravada-Boeddhistiese tradisie is hy die 28ste van die 29 Boeddhas wie se naam bekend is en die vierde van die vyf Boeddhas van die huidige kalpa.[2]

Die huidige kalpa word die bhadrakalpa ("Gunstige Eon") genoem. Die vyf Boeddhas van dié eon is:[3][4]

  1. Kakusandha
  2. Konagamana
  3. Kassapa
  4. Gautama (die huidige Boeddha)
  5. Maitreya (die toekomstige Boeddha)

Verwysings

Eksterne skakels