Soetrissie

Die soetrissie is die vrug van 'n kultivar van die Capsicum annuum. Ander kultivars van dieselfde spesie lyk heel anders en staan ook bekend as brandrissies. Die spesie kom oorspronklik uit Suid-Amerika, maar het in Europa bekendheid verwerf in Hongarye en Turkye. Rissiesaad is in 1493 na Spanje versprei en daarvandaan na ander lande in Europa, Afrika en Asië. China is tans die wêreld se grootste rissieprodusent, gevolg deur Meksiko en Indonesië.

Soetrissie
'n Soetrissieplant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Capsicum
Spesie:
C. annuum
(soetrissiekultivar)
Rooi, geel en groen soetrissies. Dit word in pakke van drie verkoop en staan bekend as "verkeerslig-rissies"

Engelse name sluit in bell pepper, sweet pepper of net pepper (in Brittanje en Ierland) en capsicum (in Indië, Australië en Nieu-Seeland). Dit is 'n kultivargroep van die spesie Capsicum annuum. Kultivars van die plant produseer vrugte in verskillende kleure: rooi, geel, oranje, groen, asook bruin, ivoor, lig- en donkerpers.

Voedingswaarde

Soetrissies het 'n redelike hoë vitamien A-inhoud. Verder bevat dit ook vitamien B6, riboflavien,vitamien C, vitamien E, kalium en mangaan.

Top rissie-produserende lande

LandMetrieke ton (2007)
 China14 033 000
 Meksiko1 690 000
 Indonesië1 100 000
 Turkye1 090 921
 Spanje1 065 000
 VSA855 870
 Nigerië723 000
 Egipte475 000
 Suid-Korea345 000
 Nederland340 000
Wêreldtotaal26 056 900

Galery

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.