Steffi Graf

Stefanie Maria "Steffi" Graf (Duits: [ˈƩtɛfiː ˈɡʁaːf],[3][4] gebore op 14 Junie 1969) is 'n voormalige Duitse professionele vrouetennisspeler. Sy het die posisie van die wêreld No 1 vir 'n rekord 377 weke (meer as 7 jaar) beklee en het 22 Grand Slam-titels gewen,[5] wat tweede tel sedert die bekendstelling van die Ope-era in 1968 en derde na Margaret Court (24) en Serena Williams (23). In 1988 word sy die enigste tennisspeler wat die Golden Slam behaal deur al vier Grand Slam-enkelspeltitels en die Olimpiese goue medalje in dieselfde kalenderjaar te verower.[6] Verder is sy die enigste tennisspeler, manlik of vroulik, wat al die Grand Slam-toernooie minstens vier keer gewen het.

Steffi Graf
Steffi Graf in 2010
Volle naamStefanie Maria Graf
LandVlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (1982–1990)
Vlag van Duitsland Duitsland (1990–1999)
WoonplekLas Vegas, Nevada, Verenigde State
Geboortedatum14 Junie 1969 (1969-06-14) (54 jaar oud) [1]
GeboorteplekBruhl, Wes-Duitsland (nou Duitsland)[1]
Lengte1,75 m[1]
AfrigterPeter Graf
Pavel Složil (1986–1991)
Heinz Günthardt (1992–1999)[1]
Begin professioneel18 Oktober 1982[1]
Afgetree13 Augustus 1999[1]
SpelstylRegshandig (eenhandig handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld$21 895 277[1] (17de van alle tye)[2]
Int. Tennisheldesaal2004
Enkelspel
Loopbaanrekord900–115 (88,7%)[1]
Loopbaantitels107 WTA[1]
Hoogste rangNo. 1 (17 Augustus 1987)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese OpeW (1988, 1989, 1990, 1994)
Franse OpeW (1987, 1988, 1993, 1995, 1996, 1999)
WimbledonW (1988, 1989, 1991, 1992, 1993, 1995, 1996)
VSA-OpeW (1988, 1989, 1993, 1995, 1996)
Groot toernooie
WTA-kampioenskapW (1987, 1989, 1993, 1995, 1996)
Olimpiese SpeleW (1988)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord173–72 (70,6%)[1]
Loopbaantitels11 WTA[1]
Hoogste rangNo. 3 (3 Maart 1987)[1]
Australiese OpeHE (1988, 1989)
Franse OpeE (1986, 1987, 1989)
WimbledonW (1988)
VSA-OpeHE (1986, 1987, 1988, 1989)
Groot dubbelspeltoernooie
WTA-kampioenskapHE (1986, 1987, 1988)
Olimpiese SpeleHE (1988)
Gemengde dubbelspel
Loopbaan-rekord9–7 (56,3%)
Loopbaantitels0
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae
Australiese Ope2R (1991)
Franse Ope2R (1994)
WimbledonSF (1999)
VSA-Ope1R (1984)

Grand Slam-rekord

Steffi Graf se rughand
Steffi Graf tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2009

Die tabel toon Graf se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het:

JaarAustraliese OpeFranse OpeWimbledonVSA-Ope
1983Rondte 1Rondte 2K4K8
1984Rondte 3Rondte 3Rondte 4Rondte 1
1985Nie deelgeneem nieRondte 4Rondte 4Halfeindstryd
1986Toernooi nie gehou nieKwarteindstrydNie deelgeneem nieHalfeindstryd
1987Nie deelgeneem nieWennerEindstrydEindstryd
1988WennerWennerWennerWenner
1989WennerEindstrydWennerWenner
1990WennerEindstrydHalfeindstrydEindstryd
1991KwarteindstrydHalfeindstrydWennerHalfeindstryd
1992Nie deelgeneem nieEindstrydWennerKwarteindstryd
1993EindstrydWennerWennerWenner
1994WennerHalfeindstrydRondte 1Eindstryd
1995Nie deelgeneem nieWennerWennerWenner
1996Nie deelgeneem nieWennerWennerWenner
1997Rondte 4KwarteindstrydNie deelgeneem nieNie deelgeneem nie
1998Nie deelgeneem nieNie deelgeneem nieRondte 3Rondte 4
1999KwarteindstrydWennerEindstrydNie deelgeneem nie

Verwysings

Eksterne skakels