Olimpiese Somerspele 1988

Spele van die XXIVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1988

Gehou inSeoel, Suid-Korea
Deelnemende lande159 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete8 391 (6 197 mans, 2 194 vroue)[1]
Items237 in 23 sporte[2]
Openingseremonie17 September 1988
Sluitingseremonie2 Oktober 1988
Amptelik geopen deurPresident Roh Tae-woo[3]
Atlete-eedHur Jae (basketbal) en
Son Mi-na (handbal)
Beampte-eedLee Hak-rae (judo)
Olimpiese vlamChung Sunman, Kim Won-tak
en Sohn Kee-chung (atletiek)
Vorige Spele1984: Los Angeles (VSA)
Volgende Spele1992: Barcelona (Spanje)

Die Olimpiese Somerspele 1988 (Koreaans: hangoel: 서울 하계 올림픽; hanja: 서울 夏季 올림픽; Seoul Hagye Ollimpik), amptelik bekend as die Spele van die XXIVste Olimpiade, is tussen 17 September en 2 Oktober 1988 in Seoel, Suid-Korea, aangebied. Seoel is in 1981 tydens 'n kongres in Baden-Baden verkies (bo die Japannese stad Nagoja).

Die Olimpiese Stadion in Seoel

Dit was naas die Olimpiese Somerspele van 1964 in Tokio die tweede Somerspele, wat in Asië beslis is en die laaste, wat tydens die Koue Oorlog plaasgevind het. Tydens die spele het twee van die wêreld se dominante sportnasies vir die laaste keer deelgeneem, die Duitse Demokratiese Republiek en die Sowjetunie; albei lande is nog voor die volgende spele ontbind.

Noord-Korea (ondersteun deur sy bondgenoot Kuba), wat hom sedert die Korea-oorlog nog steeds in staat van oorlog met die suide bevind, het die spele geboikot; die laaste boikot van Olimpiese spele. Dit was ook die laaste spele waar Suid-Afrika weens sy Apartheidsbeleid nie kon deelneem nie. Ethiopië, Albanië en die Seychelle het nie op die IOK se uitnodigings gereageer nie.[4] Nicaragua het as gevolg van atletiese en finansiële oorwegings nie deelgeneem nie.[5] Die deelname van Madagaskar is verwag, maar dié land het weens finansiële redes onttrek.[6]

Die Olimpiese Winterspele 1988 is in Calgary, Kanada, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1988 is tussen 15 en 24 Oktober in Seoel gehou.

Toewysing

Die Olimpiese vlam word tydens die openingseremonie in die Olimpiese Stadion in Seoel aangesteek
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1988 in Seoel

Seoel is op 30 September 1981 in Baden-Baden deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1988. Die enigste ander kandidaat was Nagoja.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1988[7]
StadLandRondte 1
Seoel  Suid-Korea52
Nagoja  Japan27

Sporte

23 Olimpiese sportsoorte in 237 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 241 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions

31 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1988 gebruik:

Seoel Sportkompleks

'n Suid-Koreaanse danser met vlag tydens die openingseremonie
In die Olimpiese swembad is die watersportwedstryde aangebied
Die Olimpiese Park van Seoel met die Wêreldvredepoort (regs)
Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1988
StadionSporteKapasiteit
Jamsil BofbalstadionBofbal (demonstrasie)30 306
Jamsil GimnasiumBasketbal, Vlugbal (eindstryd)13 409
Jamsil Binnenshuise swembadSierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo8 000
Jamsil StudentegimnasiumBoks7 500
Olimpiese Stadion SeoelAtletiek, Ruitersport (individuele springeindstryd), Sokker (eindstryd)69 950

Olimpiese Park

StadionSporteKapasiteit
Mongchon TosongModerne vyfkamp (hardloop)10 000
Olimpiese SkermgimnasiumSkermsport, Moderne vyfkamp (skermsport)7 000
Olimpiese GimnastieksaalGimnastiek14 730
Olimpiese TennissentrumTennis15 000
Olimpiese VelodromeFietsry (baan)6 000
Olimpiese GewigoptelgimnasiumGewigoptel4 000

Nuwe sportplekke

StadionSporteKapasiteit
Busan SeiljagsentrumSeilvaart80
Hanrivier Regattakursus/KanoterreinKanovaart, Roei25 000
Hanyang UniversiteitsgimnasiumVlugbal (groepuitdunne)8 000
Saemaul SportsaalVlugbal (groepuitdunne)4 500
Sangmu GimnasiumStoei5 000
Seoel RuitersportparkRuitersport (alle gebeure behalwe vir die individuele springeindstryd), Moderne vyfkamp (perdry)30 000
Seoel Nasionale UniversiteitsgimnasiumPluimbal (demonstrasie), Tafeltennis5 000
Suwon GimnasiumHandbal6 000

Bestaande sportplekke

StadionSporteKapasiteit
Hwarang BoogskietveldBoogskiet1 200
Jangchung GimnasiumJudo, Taekwondo (demonstrasie)7 000
Koninklike Bowling-sentrumBowling (demonstrasie)Nie gelys nie
Seongnam-stadionVeldhokkie23 262
Strate van SeoelAtletiek (20 km/50 km-loop, maraton)Nie gelys nie
Taenung Internasionale SkietbaanModerne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet2 505
Tongillo PadkursusFietsry (individuele padwedloop, padspan tydtoets)800

Sokkerstadions

StadionSporteKapasiteit
Busan Gudeok-stadionSokker (groepuitdunne)30 000
Daegu Burgerlike StadionSokker (groepuitdunne)23 278
Daejeon Hanbat-stadionSokker (groepuitdunne)30 000
Dongdaemun-stadionSokker (groepuitdunne)26 383
Gwangju-stadionSokker (groepuitdunne)30 000

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
DatumSeptemberOktober
17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
26
Ma
27
Di
28
Wo
29
Do
30
Vr
1
Sa
2
So
Atletiek335854491
Basketbal11
Boks66
Boogskiet22
Fietsry111411
Gesinchroniseerde swem11
Gewigoptel1111111111
Gimnastiek1111641
Handbal11
Judo1111111
Kanovaart66
Moderne vyfkamp2
Roei77
Ruitersport21211
Seilvaart8
Sierduik1111
Skermsport11111111
Skyfskiet2222122
Sokker1
Stoei343334
Swem455566
Tafeltennis22
Tennis22
Veldhokkie11
Vlugbal11
Waterpolo1
Totaal0579141712302691591136379
SeremoniesOSSS
Datum17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
26
Ma
27
Di
28
Wo
29
Do
30
Vr
1
Sa
2
So
SeptemberOktober

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 1988:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Seoel
Kaart van die Olimpiese boikot van 1988

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Sowjetunie (URS)514553146132
2  Oos-Duitsland (GDR)291373530102
3  Verenigde State (USA)61536312794
4  Suid-Korea (KOR)46712101133
5  Wes-Duitsland (FRG)40411141540
6  Hongarye (HUN)203116623
7  Bulgarye (BUL)18610121335
8  Roemenië (ROU)64711624
9  Frankryk (FRA)30964616
10  Italië (ITA)28664414

Sien ook

Verwysings

Bronne

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 4. Seoul 1988 – Atlanta 1996. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00830-6.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.