Suideiland

Die Suideiland (Engels: South Island, Māori: Te Wai Pounamu en Te Waka a Māui[1]) vorm saam met die Noordeiland die twee hoofeilande van Nieu-Seeland; hulle word deur die Cookstraat van mekaar geskei. Die Suideiland het 'n oppervlakte van 150 437 km² en 'n bevolking van 1 135 500 in 2018 gehad. Dit is die 12de grootste eiland ter wêreld, die grootste van Nieu-Seeland en die tweede mees bevolkte eiland van die eilandstaat.

Suideiland
Inheemse naam: South Island (Engels)
Te Wai Pounamu en Te Waka a Māui (Maori)
Nasa-Satellietbeeld van Nieu-Seeland se Suideiland
Nasa-Satellietbeeld van Nieu-Seeland se Suideiland
Geografie

LiggingNieu-Seeland, Oseanië en Stille Oseaan
Koördinate43°59′S 170°27′O / 43.983°S 170.450°O / -43.983; 170.450 170°27′O / 43.983°S 170.450°O / -43.983; 170.450
ArgipelNieu-Seeland

Oppervlakte150 437 vk km
Hoogste puntAoraki/Mount Cook 3 754 m
Administrasie
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland

Demografie
Bevolking1 135 500

BevolkingsgroepeEuropeërs en Maori
Die wêreld se twaalfde grootste eiland en die grootste eiland van Nieu-Seeland
Kaart van die Suideiland

Die Suideiland grens in die weste aan die Tasmansee en in die ooste aan die oop Suidelike Stille Oseaan. Oorkant die Tasmansee is Australië geleë.

Die Māoriname van die eiland beteken "Jadewater" (Te Wai Pounamu) en "die kano van die Māui" (Te Waka a Māui), wat van die vorm van die eiland afgelei is. Die twee grootste stede op die Suideiland is Christchurch (363 200) en Dunedin (126 900). Van Nieu-Seeland se hoogste bergpieke is in die Nieu-Seelandse Alpe op die Suiderland geleë. Mount Cook is met 3 724 meter bo seevlak die hoogste bergpiek van Nieu-Seeland, gevolg deur Mount Tasman met 3 497 meter.

Verwysings

Eksterne skakels