Tsjeka

Russiese kommissie vir die bestryding van teenrewolusie en sabotasie; eerste voorloper van die KGB en FSB

Die Tsjeka (Russies: ЧК – чрезвыча́йная коми́ссия; tsjrezwitsjainaja komissija, Buitengewone Kommissie) was die eerste van ’n reeks Sowjet-veiligheidsorganisasies. Dit is op 20 Desember 1917 deur Wladimir Lenin gestig. Die eerste hoof was Feliks Dzerzjinski.[1]

Feliks Dzerzjinski, die eerste hoof van die Tsjeka.

Die Tsjeka het 'n sentrale rol tydens die Rooi Terreur gespeel. Ná 1922 het die Tsjeka verskeie kere van vorm en naam verander en eindelik die KGB en ná die verbrokkeling van die Sowjetunie die FSB geword, maar sy lede is tot in die 1980's Tsjekiste genoem.[2] Die term "Tsjekisme" is daarna en word vandag nog deur sommige gebruik vir die alomteenwoordigheid en mag van die geheime diens in die Sowjetunie en die hedendaagse Rusland.[3][4]

Verwysings

Eksterne skakels