UNPO

Die UNPO (Engels: Unrepresented Nations and Peoples Organization; Afrikaans: Organisasie van Onverteenwoordigde Nasies en Volkere) is 'n demokratiese, internasionale ledeorganisasie. Die UNPO se hoofkwartier is in Den Haag, Nederland.

Die UNPO se kenteken
Kaart wat state aandui waarin die UNPO se lede hulself bevind

Doel

Die UNPO bestaan uit inheemse mense, besette nasies, minderhede en onafhanklike state of gebiede wat saam veg vir hul mense- en kulturele regte, die behoud van hul eie omgewing, en die vind van geweldlose oplossings vir konflikte wat hulle kwel.

Beginsels van die UNPO

UNPO het 5 belangrike beginsels:

Lede

Die volgende is die 47 lede wat op die UNPO se Nasies & Volke-blad verskyn,[1] die organisasies wat hull tans verteenwoordig en die datums waarop hulle by die UNPO aangesluit het[2] (oorspronklike lede word met ’n blou agtergrond uitgeken):

LidDatum van aansluitingVerteenwoordig
Abchasië6 Augustus 1991Abchasië
Nasionale Komitee vir die Beskerming van Swart Regte11 Februarie 1991Aborigenes van Australië
Vryheidsfront Plus15 Mei 2008Afrikaners
Demokratiese Solidaritêre Party van Al-Ahwaz14 November 2003Ahwazi
Assiriese Universele Alliansie6 Augustus 1991Assirië
Baletsjistan Nationale Party1 Maart 2008Baloetsjistan
Banga Sena4 Februarie 2003Bangabhumi
Gemeenskap van Inheemse Volke van Rwanda17 Januarie 1993Twa
Chin Nasionale Front15 Julie 2001Chin
Vrye Bangala Rastra-beweging/Bengaalse Bevrydingsleër6 Augustus 2005Bangala Rastra
Internasionale Circassiese Vereniging16 April 1994Circassië
Cordillera Volksalliansie11 Februarie 1991Cordillera
Mejlis van die Krim-Tataarse Volk11 Februarie 1991Krim-Tatare
Wêrels Uyghur-kongres11 Februarie 1991Oos-Turkestan
Gilgit–Baltistan Demokratiese Alliansie20 September 2008Gilgit–Baltistan
Demokratiese Unie van die Griekse Etniese Minderheid in Albanië11 Februarie 1991Griekse minderheid in Albanië
Hmong ChaoFa Gefedereerde Staat2 Februarie 2007Hmong
Demokratiese Alliansie van Hongare in Romenië30 Julie 1994Hongaarse Minderheid in Romenië
Binne-Mongoolse Volksparty2 Februarie 2007Binne-Mongolië
Koerdistan Demokratiese Party van Iran2 Februarie 2007Irannese Koerdistan
Koerdistan Demokratiese Party van Irak en die Patriotiese Unie van Koerdistan11 Februarie 1991Koerdiese Outonome Gebied
Dr. Muzaffer Arslan6 Augustus 1991Irakse Turke
Ka Lahui Hawaii3 Augustus 1993Kalahui Hawai’i
Karenni Nasionale Progressiewe Party19 Januarie 1993Karenni Staat
Khmers Kampuchea-Krom Federasie15 Julie 2001Khmer Krom
Demokratiese Liga van Kosovo6 Augustus 1991Kosovo
Masaï Vroue vir Opvoeding en Ekonomiese Ontwikkeling19 Desember 2004Masaï
Mapuche Inter-Streeksraad19 Januarie 1993Mapuche
Mon Eenheidsliga3 Februarie 1996Mon
Moro Islamitiese Bevrydingsfront26 September 2010Moro
Montagnard Stigting, Ingelyf14 November 2003Montagnards
Nasionale Sosialistiese Raad van Nagaland19 Januarie 1993Nagalim
Ogaden Nasional Bevrydingsfront6 Februarie 2010Ogaden
Beweging vir die Oorlewing van die Ogonivolk19 Januarie 1993Ogoni
Oromo Bevrydingsfront19 Desember 2004Oromo
Kapteinsraad2 Februarie 2007Rehoboth-basters
Wêreld Sindhi-instituut19 Januarie 2002Sindh
Regering van Somaliland19 Desember 2004Somaliland
Regering in Ballingskap van die Republiek van Suid-Molukke6 Augustus 1991Republiek van die Suid-Molukke
Suider Azerbaijan Nasionale Ontwakingsbeweging2 Februarie 2007Suider Azerbeidjan
Suider Kameroense Nasionale Raad19 Desember 2004Suider Kameroene
Taiwanse Stigting vir Demokrasie11 Februarie 1991Republiek China (Taiwan)
Regering van Tibet in Ballingskap11 Februarie 1991Tibet
Oedmoertse Raad (Oedmoertse Kenesj)17 Januarie 1993Oedmoerte
Dabalorivhuwa Patriotiese Front14 November 2003Vendas
Baloetsjistanse Volksparty26 Junie 2005Wes-Baloetsjistan
Zanzibar Demokratiese Alternatief, in medewerking met die Burgerlike Eenheidsfront6 Augustus 1991Zanzibar

Opgeskorte lede

  • Buffalo-rivier Denevolk — 19 Desember 2004 tot 9 Oktober 2009
  • Burma — 15 Mei 2008 tot 13 Februarie 2010
  • Boerjatië — 3 Februarie 1996 tot 13 Februarie 2010
  • Itsjkerië — 6 Augustus 1991 tot 10 September 2010
  • Inkeri — 17 Januarie 1993 tot 9 Oktober 2009
  • Komi — 17 Januarie 1993 tot 9 Oktober 2009
  • Mari — 6 Augustus 1991 tot 9 Oktober 2009
  • Nahua del Alto Balsas — 19 Desember 2004 tot 20 September 2008
  • Shan — 17 April 1997 tot 6 Februarie 2010
  • Tiwa — 3 Februarie 1996 tot 13 Februarie 2012
  • Wes-Papua — 11 Februarie 1991 tot 20 September 2008

Voormalige lede

Sommige lede van die UNPO het die organisasie verlaat as gevolg van erkenning deur die VN, outonomie-ooreenkomste of weens ander redes.

  • Voormalige sosialistiese republieke van die Sowjetunie, met VN-erkenning, het onttrek nadat onafhanklikheid in 1991 toegestaan is:
    •  Armenië — op 11 Februarie 1991 aangesluit, op 2 Maart 1992 onttrek
    •  Estland — op 11 Februarie 1991 aangesluit, op 17 Augustus 1991 onttrek
    •  Georgië — op 11 Februarie 1991 aangesluit, op 31 Julie 1992 onttrek
    •  Letland — op 11 Februarie 1991 aangesluit, op 17 Augustus 1991 onttrek
  • Ander met VN-erkenning:
    •  Oos-Timor — op 17 Januarie 1993 aangesluit, op 27 September 2007 onttrek; voormalige Portugese kolonie in 1975 deur Indonesië geannekseer en sedert 2002 onafhanklik
    •  Palau — op 11 Februarie 1991 aangesluit, op 15 Desember 1994 onttrek; voorheen deel van die VS–bestuurde Trustgebied van die Pasifiese Eislande en onafhanklik sedert 1994
  • Verlaat weens ander redes:
    • Atjeh — op 6 Augustus 1991 aangesluit, lidmaatskap last vaar op 1 Maart 2008; het in 2005 ’n outonomie-ooreenkoms met Indonesië bereik
    • Albaniërs in Macedonië — op 16 April 1994 aangesluit, lidmaatskap last vaar op 1 Maart 2008; het in 2001 ’n ooreenkoms vir breër regte met Macedonië aanvaar
    • Basjkortostan — op 3 Februarie 1996 aangesluit, op 30 Junie 1998 onttrek
    • Sandžak Bosniakke — op 17 Januarie 1993 aangesluit
    • Bougainville — op 6 Augustus 1991 aangesluit, lidmaatskap last vaar op 1 Maart 2008; het in 2000 ’n outonomie-ooreenkoms met Papoea-Nieu-Guinee bereik
    • Kabinda — op 17 April 1997 aangesluit
    • Tsjoewasjië — op 17 Januarie 1993 aangesluit, lidmaatskap laat vaar op 1 Maart 2008
    • Gagaoesië — op 16 April 1994 aangesluit, lidmaatskap last vaar op 1 Desember 2007; het in 1994 ’n outonomie-ooreenkoms met Moldowa bereik
    • Ingoesjetië — op 30 Julie 1994 aangesluit, lidmaatskap laat vaar op 1 Maart 2008
    • Koemukke — op 17 April 1997 aangesluit, lidmaatskap laat vaar op 1 Maart 2008
    • Khalistan — op 24 Januarie 1993 aangesluit, lidmaatskap laat vaar op 4 Augustus 1993; opskorting op 22 Januarie 1995 permanent gemaak
    • Lakotavolk — op 30 Julie 1994 aangesluit, lidmaatskap last vaar op 1 Desember 2007; gevolg deur die verklaring van die Republiek van Lakota
    • Maohi — op 30 Julie 1994 aangesluit, lidmaatskap laat vaar op 1 Desember 2007
    • Nuxalkvolk — op 23 September 1998 aangesluit, lidmaatskap laat vaar op 1 Maart 2008
    • Roetene — op 23 September 1998 aangesluit, lidmaatskap laat vaar op 1 Desember 2007
    • Jakoetië — op 3 Augustus 1993 aangesluit, onttrek op 30 Junie 1998
    • Skåneland — op 19 Januarie 1991 aangesluit, lidmaatskap opgeskort op 18 September 2011[3]
    • Talisj — op 26 Junie 2005 aangesluit, lidmaatskap laat vaar op 1 Maart 2008
    • Tatarstan — op 11 Februarie 1991 aangesluit, lidmaatskap laat vaar op 1 Maart 2008
    • Tsimsjian — op 2 Februarie 2007 aangesluit

Sekretarisse-Generaal

  • Michael van Walt van Praag 1991–1997
  • Tsering Jampa 1997–1998
  • Helen S. Corbett 1998–1999
  • Erkin Alptekin 1999–2003
  • Marino Busdachin 2003–2010[4]
    • Karl Habsburg-Lothringen – Sedert 19 Januarie 2002, die Direkteur-Generaal van die Organisasie[5]
  • Ngawang Choephel sedert 2010

Verwysings

Eksterne skakels