Assiriërs

Die Assiriërs (Siries: ܐܫܘܪܝܐ), ook bekend as Galdeërs, Siriërs en Arameërs, is 'n Semitiese etnies-godsdienstige groep inheems aan lande van die Midde-Ooste. Die meeste Assiriërs praat 'n Nieu-Aramese taal, wie se ondergroepe Noordoostelike, Sentraal- en Wes-Nieu-Aramees insluit, sowel as ander tale, afhangend van die land van verblyf.

Assiriërs
Sūrāyē / Sūryāyē / Āṯūrāyē / Āramayē

Feesviering by 'n Siries-Ortodokse klooster in Mosoel, Ottomaanse Sirië, vroeë 20ste eeu.
Totale bevolking:ca. 4 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Sirië Sirië 400 000[2]

Vlag van Irak Irak 300 000[3]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 103 754–400 000[4][5]
Vlag van Jordanië Jordanië 100 000–150 000[6][7][8]
Vlag van Duitsland Duitsland 100 000[9]
Vlag van Swede Swede 100 000[10]
Vlag van Libanon Libanon 39 000[11]
Vlag van Australië Australië 24 505–60 000[12][13][14]
Vlag van Iran Iran 20 000[15][16]
Vlag van Nederland Nederland 20 000[17]
Vlag van Frankryk Frankryk 16 000[18]
Vlag van Turkye Turkye 15 000–25 100[15][19][20]
Vlag van België België 15 000[17]
Vlag van Rusland Rusland 10 911[21]
Vlag van Kanada Kanada 10 810[22]
Vlag van Denemarke Denemarke 10 000[17]
Vlag van Switserland Switserland 10 000[17]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 6 390[23]
Vlag van Griekeland Griekeland 6 000[24]
Vlag van Georgië Georgië 3 299[25]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 3 143[26]
Vlag van Italië Italië 3 000[17]
Vlag van Armenië Armenië 2 769[27]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1 683[28]
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan 1 500[29]
Vlag van Israel Israel 1 000[30]
Vlag van Kasakstan Kasakstan 350–800[31][32]
Vlag van Finland Finland 300[33]

Taal:Nieu-Aramees, Assiriese Nieu-Aramees, Chaldeeuse Nieu-Aramees, Turoyo
ook kennis van Arabies, Koerdies, Turks en Persies
Geloofsoortuiging:Siriese Christendom (Galdees-Katolieke Kerk • Siries-Ortodokse KerkAssiriese Kerk van die Ooste • Siries-Katolieke Kerk • Antieke Kerk van die Ooste • Assiries-Evangeliese Kerk • Assiriese Pinksterkerk)
Sommige sekulêre of ongebonde
Verwante etniese groepe:Ander Semitiese en Afro-Asiatiese volke soos Arabiere en Jode
Assiriese vlag (sedert 1968)[34]
Siries-Aramese vlag[35]
Verspreiding van die Assiriese diaspora: ██ meer as 500 000 ██ 100 000–500 000 ██ 50 000–100 000 ██ 10 000–50 000 ██ minder as 10 000

Die Assiriërs is 'n Christelike volk wat verskeie Oosterse Kerke van die Oos- en Wes-Siriese liturgiese rites aanhang. Kerke van die Oos-Siriese ritus sluit in die Assiriese Kerk van die Ooste, die Antieke Kerk van die Ooste, die Assiries-Evangeliese Kerk en die Galdees-Katolieke Kerk wie se volgelinge hoofsaaklik Noordoostelike Nieu-Aramese tale praat terwyl kerke van die Wes-Siriese ritus die Siries-Ortodokse Kerk en die Siries-Katolieke Kerk insluit wie se volgelinge veral Sentraal-Nieu-Aramese tale praat.

Vandag is die Assiriese tuislandgebiede "deel van hedendaagse Irak se noorde, suidoostelike Turkye, die noordweste van Iran en Noordoos-Sirië".[36][37] Baie Assiriërs het migreer buite die Assiriese tuislandgebiede na ander streke in die Kaukasus, Levant, die Verenigde State, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en Europa gedurende die afgelope eeu of later. Die emigrasie is veroorsaak deur gebeure soos die Assiriese volksmoord in die Ottomaanse Ryk tydens die Eerste Wêreldoorlog, die Simele-bloedbad in Irak (1933), die Islamitiese Irannese Rewolusie in Iran (1979), die Arabiese nasionalistiese Baathist-beleid in Irak en Sirië asook die al-Anfal-veldtog van Saddam Hoesein.

Meer onlangs het die Irakse Oorlog van 2003 en die Siriese Burgeroorlog wat in 2011 uitgebreek het die plaaslike Assiriese gemeenskap ontwortel, as sy lede etniese en godsdienstige vervolging in die gesig gestaar het deur Islamitiese ekstremiste soos die Islamitiese Staat. Van die eenmiljoen of meer Irakis wat volgens die Verenigde Nasies se berigte sedert die besetting gevlug het, was byna 40% Assiriërs, hoewel Assiriërs sowat 3% van die pre-oorlogse Irak-bevolking uitgemaak het.[38][39][40] Volgens 'n 2013-verslag deur 'n amptelike Galdees-Siries-Assiriese Volksaad word geskat dat slegs 300 000 Assiriërs in Irak bly.[3]

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.