Wenera 6

Ruimtetuig

Wenera 6 (Russies: Венера-6 wat Venus 6 beteken) is 'n Sowjetse ruimtetuig wat deel van hul Wenera-ruimteprogram was. Dit was ontwerp om meer data van die planeet Venus se atmosfeer te verkry. Dit was soortgelyk aan Wenera 4, die ontwerp was egter stewiger. Dit ruimtetuig was gelanseer met 'n Molnija-vuurpyl vanaf die Baikonoer kosmodroom.

Wenera 6
Wenera 6
SendingtipeVenus-atmosfeer wenteltuig
OperateurLavochkin
COSPAR-ID1969-002A[1]
SATCAT-nr.3648
SendingstydsduurRuimtetuig: 127 dae
reistyd
Atmosfeer: 51 minute
Ruimtetuigeienskappe
Ruimtetuig2V (V-69) No.331
VervaardigerLavochkin
Lanseermassa1 130 kg[2]
Droë massa410 kg
Begin van sending
Lanseerdatum10 Januarie 1969, 05:51:52 UTC[2]
VuurpylMolnija 8K78M
LanseerplekBaikonoer 1/5
Einde van sending
Laaste kontak17 Mei 1969
Omwentelingsparameters
VerwysingstelselHeliosentries
Periheliumhoogte0,71 AE
Afeliumhoogte0,98 AE
Helling2,0°
Periode285 dae
Verkenning van Venus-atmosfeer
Betreding van atmosfeer17 Mei 1969, 06:05 UTC
Impakterrein5°S 23°O
 

Net bokant die atmosfeer van Venus was die sondeerder van 405 kg en wat al die wetenskaplike instrumente bevat het, losgelaat vanaf die satellietbus. Gedurende die tuig se tog na die oppervlakte van Venus is die valskerm ontplooi om sy dalingspoed te verminder. Gedurende die 51 minute op 17 Mei 1969 wat die sondeerder aan die valskerm gehang het, was data van Venus se atmosfeer na die Aarde versend. Die sondeerder het by Venus koördinate 5°S. 23°O. die atmosfeer binnegedring. Die ruimtetuig het ook 'n medaljon met die Wapen van die Sowjetunie daarop aan boord gehad asook 'n basreliëf van Lenin aan die nag kant van Venus.

Na aanleiding van die resulte van Wenera 4 se data, was Wenera 5 en Wenera 6 se sondeerders toegerus met nuwe chemiese ekperimente met die doel om meer akkurate metings van die atmosfeer te kon maak. Wetende dat die atmosfeer baie dig was, was die valskerm ook kleiner gemaak sodat die tuig sy volle botsing diepte kon bereik voordat die krag opraak, soos met Wenera 4 gebeur het.

Instrumente

Ruimtetuig

  • Instrument COP-18-3M wat die kosmiese strome geanaliseer het.
  • Instrument LA-2U wat die verspreiding van suurstof en waterstof in die planeet se atmosfeer moes bepaal het.

Sondeerder

  • Druk sensors MDDA-A om die atmosfeer se druk te meet binne die reeks 13 tot 4,000 kilopascals (0,13–40 atm).
  • G-8 gas analiseerders om die chemiese samestelling van die atmosfeer te bepaal.
  • VIP eenheid om die digtheid van die atmosfeer te bepaal op 'n bepaalde hoogte.
  • FD-69 om weerlig in die atmosfeer te meet.
  • EC-164D om die temperatuur van die atmosfeer op 'n bepaalde hoogte te bepaal

Sending

Wenera 6 is gelanseer na 'n Aarde parkeer wentelbaan op 10 Januarie 1969 om 05:51:52 Universele Tyd en dan van die Tyazheliy Sputnik (69-002C)) na Venus gestuur. Daar was 'n midbaan korreksie op 16 Maart 1969 gedoen en die sondeerder was vrygelaat op 17 Mei 1969 op 'n afstand van 25 000 km vanaf Venus. Die sondeerder het Venus se atmosfeer aan die nagkant binnegedring om 06:05 Universele Tyd en die valskerm ontplooi waarna transmissie na die Aarde begin het. Die tuig het elke 45 sekondes 'n lesing versend vir 51 minute lank voordat dit finaal verwoes is deur die temperatuur en druk op 'n hoogte van ongeveer 10 tot 12 km. Die fotometer het glad nie gewerk nie.[1]

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.