Ahmedabad

Ahmedabad (Gujarati: અમદાવાદ [ˈəmd̪ɑːʋɑːd̪], letterlik: "stad van Ahmed") is die grootste stad en voormalige hoofstad van die Indiese deelstaat Gujarat. Die stad is aan die oewer van die Sabarmatirivier in die weste van die land geleë.

Ahmedabad

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Indië Indië
 DeelstaatGujarat
 Koördinate22°59′N 72°36′O / 22.983°N 72.600°O / 22.983; 72.600
 Stigting11de eeu
 Oppervlakte: 
 - Totaal464,165 vk km
 Hoogte bo seevlak53 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2011)5 577 967
 - Bevolkingsdigtheid12 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied6 357 693
 TydsoneUTC+05:30
 BurgemeesterGautam Shah (BJP)
 Amptelike Webwerfahmedabadcity.gov.in
Ahmedabad gedurende die 19de eeu

Ahmedabad het in 2011 'n bevolking van 5 577 967 en 6 357 693 in die metropolitaanse gebied gehad. Die stad het 'n totale oppervlakte van 464,165 km² en is die vyfde grootste stad en sewende grootste metropolitaanse gebied van Indië. Dit is ook die ekonomiese sentrum van die Indiese deelstaat Gujarat.

Ahmedabad is veral bekend vir sy historiese stadsentrum wat in 2017 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is.

Sport

Die Narendra Modi-stadion (ook Motera-stadion genoem) in die voorstad Motera is met 'n kapasiteit van 110 000 die grootste toetskrieketstadion ter wêreld. In Februarie 2021 is dit na die eerste minister Narendra Modi genoem.[1] Die Indiese nasionale krieketspan speel van sy tuiswedstryde in die stad. In die Motera-stadion is onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996 en 2011, asook die Kampioenetrofee 2006, aangebied. Tydens die Krieketwêreldbeker 2023 is in dié stadion ook wedstryde beslis, waaronder die eindstryd tussen Australië en Indië, waartydens die Australiërs hul sesde titel ingepalm het.[2]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels