Lys van lande volgens oppervlak

Wikimedia lysartikel

Hierdie artikel bestaan uit 'n lys van lande gerangskik volgens oppervlak. Die lys gee die rang van soewereine state sowel as selfregerende afhanklike gebiede. Totale oppervlak word gegee wat land en binnelandse watermassas (mere, damme, en riviere) insluit. Mariene interne watergebied, gebiedswaters en Eksklusiewe Ekonomiese Sones word nie ingesluit nie. Lande se aansprake op dele van Antarktika word ook nie ingesluit nie.

  • Selfregerende afhanklike gebiede (geklassifiseer deur die VN) word apart gelys van hulle soewereine staat en word in skuinsgedrukteletters weergegee.
  • Antarktika is die 5de grootste kontinent en beslaan sowat 14 200 000 km². Die volgende lande het gebiedsaansprake op die kontinent: Argentinië (969 000 km²), Australië (6 120 000 km²), Chili (1 250 000 km²), Frankryk (432 000 km²), Nieu-Seeland (450 000 km²), Noorweë (2 500 000 km²) eb die Verenigde Koninkryk (1 395 000 km²), wat tot 'n mate oorvleuel. Die oppervlak van 90 grade Wes tot 150 grade Wes (2 100 000 km²) is tans onopgeëiste gebied. Volgens die Antarktiese Verdrag is die nasionale aansprake gevries en daarom word die gebiede nie ingesluit in die onderstaande syfers nie.
  • Vlag van Europese Unie Die Europese Unie is 'n sui generis supranasionale unie. Die entiteit bestaan uit 27 lidlande. Die totale oppervlak van die 27 lidlande is 4 422 773 km² wat dit die sewende grootste land sou maak as dit ingesluit sou word (3,0% van die wêreld se landoppervlak).
Lande volgens oppervlak.

Lys

RangLand / gebiedOppervlak (km²)[1]% van TotaalNotas
Aarde510 065 284342,5%Totale oppervlak (70,8% water en 29,2% land)
Land148 939 063100%Totale land (29.2% van die Aardse se oppervlak)
1 Rusland17 098 24211.5%Grootste land ter wêreld
2 Kanada9 970 6106.7%Grootste land in die westelike halfrond. Totale oppervlak is 9 984 670 km² volgens Statistiek Kanada[2]
3 China (Volksrepubliek)9 598 0861 9 640 82126.4%
6.5%
Totaal van aparte VN syfers vir vasteland China en die Spesiale administratiewe gebiede Hongkong (1 099 km²) en Macao (26 km²). Beide waardes sluit die gebiede Taiwan, Penghu, Kinmen en Matsu uit wat deur die Republiek China (Taiwan) aanhou regeer is nadat die Volksrepubliek dit op die vasteland vervang het.
1 Dit sluit alle bestrede gebiede uit.
2 Sluit die Volksrepubliek geadministreerde gebied (Aksai Chin en Trans-Karakoram Tract in, beide gebiede waarop Indië) aanspraak maak, maar Taiwan word nie ingesluit nie.
4 Verenigde State van Amerika7 761 475 – 9 372 610(+ Alaska, Hawaii)6.4%Sluit die 50 state en Washington, D.C., en Indiane reservate in. Die totale oppervlak word deur die CIA World Factbook as 9 826 630 km² aangegee.[3] Die oppervlak van die aaneenlopende Verenigde State van Amerika, dus uitgesluit Alaska en Hawaii, is 7 761 475 km².
5 Brasilië8 547 9065.8%Sluit in Arquipélago de Fernando de Noronha, Atol das Rocas, Ilha da Trindade, Ilhas Martim Vaz, en Penedos de São Pedro e São Paulo. Al die eilande saam beslaan 365 km² (minder as 0.003% van die vasteland gebied). Dit is die grootste land in Suid-Amerika.
6 Australië7 741 2205.2%Sluit in Jervis Bay Gebied (73 km²) , Kokoseilande (14 km²), Kerseiland (135 km²) en Lord Howe Eiland (56 km²). Sluit ook die onbewoonde Ashmore- en Cartiereilande (5 km²), Koraalsee-eilande-gebied (0,9 km²), Heard- en McDonaldeilande (372 km²) en Macquarie Eiland (231 km²) in. Sluit aansprake op Antarktika (Australiese Antarktiese Gebied, 6 119 818 km²) uit.
7 Indië3 166 4141 3 287 26322.1%
2.2%
Derde grootste land in Asië (na Rusland en China)
1 Sluit die nie-Indies-geadministreerde bestrede gebiede (Aksai Chin, Trans-Karakoram Tract, Pakistan Besette Kashmir, en Noordelike Gebiede) uit. Sluit alle Indies-geadministreerde gebiede in, wat die Arunachal Pradesh insluit waarop China aanspraak maak. Syfers afkomstig van Census India.[4]
2 Sluit alle bestrede gebiede in.
8 Argentinië2 780 4001.9%Sluit nie aansprake op die Falklandeilande, Suid-Georgië en die Suid-Sandwich Eilande en op Antarktika (969 000 km²) in nie. Dit is die tweede grootste land in Suid-Amerika.
9 Kazakstan2 724 9001.8%Grootste landingeslote land ter wêreld.
10 Algerië2 381 7411.6%Grootste land in Afrika
11 Demokratiese Republiek van die Kongo2 344 8581.6%Tweede grootste land in Afrika
12 Groenland2 175 6001.5%'n Self-regerende gebied van Denemarke.
13 Saoedi-Arabië2 149 6901.4%Grootste land in die Midde-Ooste
14 Meksiko1 958 2011.3%Derde grootste land in Latyns-Amerika en ook die derde grootste land in Noord-Amerika
15 Indonesië1 904 5691.3%Grootste land en hoogste bevolking uitsluitlik geleë op eilande.
16 Soedan1 886 0681.3%Derde grootste land in Afrika
17 Libië1 759 5401.2%
18 Iran1 648 1951.1%
19 Mongolië1 566 6001.1%
20 Peru1 285 2160.86%
21 Tsjad1 284 0000.86%
22 Niger1 267 0000.85%
23 Angola1 246 7000.85%
24 Mali1 240 1920.83%
25 Suid-Afrika1 221 0370.82%Sluit die Prins Edwardeilande (Marioneiland en Prins Edwardeiland) in.
26 Colombia1 138 9140.76%Colombiese sensussyfer is 1 141 748[5] wat drie spesiale distrikte en San Andrés en Providencia eilande (52 km²) insluit (gebiede waaroor die land in geskille met Nicaragua gewikkel is).
27 Ethiopië1 104 3000.74%
28 Bolivia1 098 5810.74%
29 Mauritanië1 025 5200.69%
30 Egipte980 8690.67%
31 Tanzanië945 0870.63%Sluit die eilande Mafia, Pemba, en Zanzibar in.
32 Nigerië923 7680.62%
33 Venezuela912 0500.61%Sluit nie aansprake op Guayana Esequiba in nie. Indien dit ingesluit sou word sou die oppervlak 1 075 945 en die rang 29ste wees.
34 Namibië824 2920.55%
35 Mosambiek801 5900.54%
36 Pakistan881 913
0.59%
Sluit Pakistan-geadministreerde gebiede in (Azad Kashmir en Noordelike Gebiede).
37 Turkye783 5620.53%
38 Chili756 0960.51%Sluit Paaseiland (Isla de Pascua; Rapa Nui) en Isla Sala y Gómez in, sluit aansprake op Antarktika (1 250 000 km²) uit.
39 Zambië752 6180.51%
40 Mianmar676 5780.45%
41 Afghanistan652 0900.44%
42 Somalië637 6570.43%
43 Sentraal-Afrikaanse Republiek622 9840.42%
44 Oekraïne603 7000.41%Grootste land geheel en al in Europa
45 Madagaskar587 0410.39%
46 Botswana581 7300.39%
47 Kenia580 3670.39%
48 Frankryk551 5000.37%Grootste Wes-Europese land. Sluit slegs Metropolitaanse Frankryk in. Die Franse Republiek sluit in Franse oorsese gebiede en dek 674 843 km², uitgesluit aansprake op Antarktika (432 000 km²).
49 Jemen527 9680.35%Sluit Perim, Sokotra, die voormalige Jemen Arabiese Republiek (YAR of Noord-Jemen), en die voormalige Demokratiese Volksrepubliek van Jemen (PDRY of Suid-Jemen) in.
50 Thailand513 1150.34%
51 Spanje505 9920.34%Sluit vasteland Spanje, die Baleariese Eilande en Kanarie Eilande in, sowel as die Spaanse besittings (Plazas de Soberanía) aan die kus van Marokko (Ceuta, Melilla, Islas Chafarinas, Peñón de Alhucemas, en Peñón de Vélez de la Gomera), en Isla de Alborán ongeveer halfpad tussen Marokko and Spanje, laasgenoemde word almal deur Marokko opgeëis.
52 Turkmenistan488 1000.33%
53 Kameroen475 4420.32%
54 Papua New Guinee462 8400.31%
55 Swede449 9640.30%Sluit Gotland en Öland in.
56 Oesbekistan447 4000.30%Grootste dubbellandingeslote land ter wêreld.
57 Marokko446 5500.30%Uitgesluit Wes-Sahara.
58 Irak438 3170.29%
59 Paraguay406 7520.27%
60 Zimbabwe390 7570.26%
61 Noorweë385 1550.26%Sluit vasteland Noorweë (324 220 km²) en die integrale oorsese gebiede Svalbard en Jan Mayen (60 980 km²) in; sluit die afhanklike Bouvet Eiland (49 km²) en die Antarktiese afhanklikheidsaansprake Koningin Maud Land en Peter I Eiland (~2 500 000 km²) uit.
62 Japan377 8730.25%Sluit die Ryukyu Eilande (Nansei Eilande), Daito Eilande, Ogasawara Eilande (Bonin Eilande), Minami-Torishima (Marcus Eiland), Okino-Torishima en Vulkaan Eilande (Kazan Eilande) in; sluit die suidelike Kuril Eilande uit.
63 Duitsland357 0220.24%Voor die Duitse hereniging op 3 Oktober 1990 het Duitsland bestaan uit die Federale Republiek van Duitsland (FRG, Wes-Duitsland) met 248 689 km² en die Duitse Demokratiese Republiek (DDR, Oos-Duitsland) met 108 333 km².
64 Republiek van die Kongo342 0000.23%
65 Finland338 1450.23%Sluit Åland in.
66 Viëtnam331 6890.22%
67 Maleisië330 8030.22%
68 Ivoorkus322 4630.22%
69 Pole312 6850.21%
70 Oman309 5000.21%
71 Italië301 3180.20%
72 Filippyne300 0000.20%
73 Ecuador283 5610.20%Slujit die Galápagos Eilande in.
74 Burkina Faso274 0000.18%
75 Nieu-Seeland270 5340.18%Sluit Antipodes Eilande, Auckland Eilande, Bounty Eilande, Campbell Eiland, Chathameilande, en Kermadec-eilande in. Sluit Niue (260 km²), die Cookeilande (236 km²) en Tokelau (12 km²), sowel as die Antarktiese aanspraak Ross-Afhanklikheid (450 000 km²) uit.
76 Gaboen267 6680.18%
77 Wes-Sahara266 0000.18%Grootliks deur Marokko beset, gedeeltelik deur die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek geadministreer.
78 Guinee245 8570.17%
79 Verenigde Koninkryk242 9000.16%Insluitend die vier lande (Engeland, Wallis, Skotland en Noord-Ierland), uitgesluit die drie Kroongebiede (768 km²), die 13 Britse oorsese gebiede (17 027 km²) en die Britse Antarktiese gebied (1 395 000 km²).
80 Uganda241 0380.16%
81 Ghana238 5330.16%
82 Roemenië238 3910.16%
83 Laos236 8000.16%
84 Guyana214 9690.14%
85 Belo-Rusland207 6000.14%Grootste landingeslote land in Europa.
86 Kirgisië199 9000.13%
87 Senegal196 7220.13%
88 Sirië185 180
183 885
0.12%
0.12%
Die hoër syfers sluit die Golanhoogland in.
89 Kambodja181 0350.12%
90 Uruguay175 0160.12%
91 Suriname163 8200.11%
92 Tunisië163 6100.11%
93 Nepal147 1810.10%
94 Bangladesj143 9980.10%
95 Tadjikistan143 1000.10%
96 Griekeland131 9570.09%
97 Nicaragua130 0000.09%Sluit San Andrés y Providencia eilande (onderwerp van gebiedsgeskil met Colombia) uit. Nicaragua is die grootste land in Sentraal-Amerika.
98 Noord-Korea120 5380.08%
99 Malawi118 4840.08%
100 Eritrea117 6000.08%Sluit die Badme gebied in.
101 Benin112 6220.08%
102 Honduras112 0880.08%
103 Liberië111 3690.07%
104 Bulgarye110 9120.07%
105 Kuba110 8610.07%Kuba is die grootste land en het die hoogste bevolking in die Karibiese Gebied
106 Guatemala108 8890.07%
107 Ysland103 0000.07%
108 Suid-Korea99 5380.07%
109 Hongarye93 0320.06%
110 Portugal91 9820.06%Sluit die Azores en Madeiraeilande in.
111 Frans-Guyana90 0000.06%Franse oorsese département.
112 Jordanië89 3420.06%
113 Serwië88 3610.06%Sluit die VN-geadministreerde gebied van Kosovo in[6]
114 Azerbeidjan86 6000.06%Sluit die eksklave Nachitsjevan Outonome Republiek en die Nagorno-Karabakhgebied in.
115 Oostenryk83 8580.06%
116 Verenigde Arabiese Emirate83 6000.06%
117 Tsjeggiese Republiek78 8660.05%
118 Panama75 5170.05%
119 Sierra Leone71 7400.05%
120 Republiek van Ierland70 2730.05%
121 Georgië69 7000.05%Sluit Abkhazia (8 600 km²[verwysing benodig]) en Suid-Ossetië in.
122 Sri Lanka65 6100.04%
123 Litaue65 3000.04%
124 Letland64 6000.04%
125 Togo56 7850.04%
126 Kroasië56 5380.04%
127 Bosnië-Herzegowina51 1970.03%
128 Costa Rica51 1000.03%Sluit Isla del Coco in.
129 Slowakye49 0330.03%
130 Dominikaanse Republiek48 6710.03%Sluit die Vasteland Dominikaanse Republiek, Saonaeiland, en ander onder beheer van die Dominikaanse Regering in.
131 Bhoetan47 0000.03%
132 Estland45 1000.03%Sluit 1 520 eilande in die Oossee in.
133 Denemarke43 0940.03%Sluit slegs die eintlike Denemarke in; die Koninkryk van Denemarke, insluitend Groenland en die Faroëreilande dek 2 220 093 km² wat dit in 13de plek sou plaas.
134 Nederland41 5280.03%Sluit slegs die eintlike Nederland in; die hele Koninkryk van Nederland dek 42 437 km².
135 Switserland41 2840.03%
136 Republiek China (Taiwan)36 188[7]0.02%Sluit slegs die gebiede in onder administrasie van die Republiek China, naamlik Taiwan, Penghu, Kinmen en Matsu.
137 Guinee-Bissau36 1250.02%
138 Moldawië33 8510.02%Sluit Transnistrië (Pridnestrovie) in.
139 België30 5280.02%
140 Lesotho30 3550.02%
141 Armenië29 8000.02%
142 Solomoneilande28 8960.02%
143 Albanië28 7480.02%
144 Equatorial Guinee28 0510.02%
145 Burundi27 8340.02%
146 Haïti27 7500.02%
147 Rwanda26 3380.02%
148 Noord-Masedonië25 7130.02%
149 Djiboeti23 2000.02%
150 Belize22 9660.02%
151 Israel22 145 of 20 7700.01%Die hoër syfer sluit die Golanhoogland in. Beide syfers sluit die Wes-Oewer en Gaza-Strook uit.
152 El Salvador21 0410.01%
153 Slowenië20 2560.01%
154 Nieu-Kaledonië18 5750.01%Franse afhanklikheid.
155 Fidji18 2740.01%
156 Koeweit17 8180.01%
157 eSwatini17 3640.01%
158 Oos-Timor14 874<0.01%
159 The Bahamas13 878<0.01%
160 Montenegro13 812[8]<0.01%
161 Vanuatu12 189<0.01%
162 Falklandeilande12 173<0.01%Britse Oorsese Gebied. Aanspraak deur Argentinië. Sluit Suid-Georgië en die Suid-Sandwich Eilande uit.
163 Gambië11 295<0.01%
164 Katar11 000<0.01%
165 Jamaika10 991<0.01%
166 Libanon10 400<0.01%
167 Ciprus9 251<0.01%Sluit die Turkse Republiek van Noord-Ciprus in wat slegs deur Turkye erken word, en die Britse soewereine militêre basisse (Akrotiri en Dhekelia) in.
168 Puerto Rico8 875<0.01%Gemenebes van die Verenigde State van Amerika.
169 Palestynse gebiede6 020<0.01%Die syfer bestaan uit die Wes-Oewer en Gasastrook.
170 Broenei5 765<0.01%
171 Trinidad en Tobago5 130<0.01%
172 Kaap Verde4 033<0.01%
173 Frans-Polinesië4 000<0.01%Franse oorsese kollektiwiteit.
174 Samoa2 831<0.01%
175 Luxemburg2 586<0.01%
176 Réunion2 510<0.01%Franse oorsese département.
177 Comore2 235
<0.01%Gelyste syfer sluit Mayotte (373 km²) in. Die syfer sonder Mayotte is 1 862 km².[9] Mayotte is amptelik 'n oorsese kollektiwiteit van Frankryk en val nie onder die soewereiniteit van die Comore nie.
178 Mauritius2 040<0.01%Sluit die Agaléga-eilande, Cargados Carajos Shoals (Saint Brandon), en Rodrigues in.
179 Guadeloupe1 705<0.01%Franse oorsese département sluit in La Désirade, Marie Galante, Les Saintes, Sint-Bartholomeus en Sint-Martin (Franse deel). Let daarop dat Sint-Bartholomeus en Sint-Martin in 2007 aparte oorsese kollektiwiteite geword het en nie meer polities deel is van Guadeloupe nie.
180 Faroëreilande1 399<0.01%'n Selfregerende gebied van Denemarke.
181 Martinique1 102<0.01%Franse oorsese département.
182 Sao Tomé en Principe964<0.01%
183 Turks- en Caicoseilande948<0.01%Britse Oorsese Gebied. Oppervlak sluit beskermde water in.
184 Nederlands-Antille800<0.01%Selfregerende deel van die Koninkryk van Nederland; sluit Bonaire, Curaçao, Saba, Sint Eustatius, en Sint Maarten in (Nederlandse deel van die eiland Sint-Martin).
185 Dominika751<0.01%
186 Tonga747<0.01%
187 Kiribati726<0.01%Sluit drie eilandgroepe in – Gilberteilande, Line-eilande, Phoenixeilande.
188 Gefedereerde State van Mikronesië702<0.01%Sluit Pohnpei (Ponape), Chuuk- (Truk) Eilande, Yapeilande, en Kosrae (Kosaie) in.
189 Bahrein694<0.01%
190 Singapoer683<0.01%VN syfer vir 2004. Amptelike oppervlak in 2006 is 704 km².[10]
191 Eiland van Man572<0.01%Kroongebied van die VK.
192 Guam549<0.01%Herorganiseerde nie-geïnkorporeerde gebied van die VSA.
193 Sint Lucia539<0.01%
194 Andorra468<0.01%
195 Noordmarianaeilande464<0.01%Gemenebes in politiese unie met die VSA; sluit 14 eilande insluitend Saipan, Rota, en Tinian in.
196 Palau459<0.01%
197 Seychelle-eilande455<0.01%
198 Antigua en Barbuda442<0.01%Sluit Redonda, 1.6 km² in.
199 Barbados430
200 Sint Vincent en die Grenadines388<0.01%
201 Amerikaanse Maagde-eilande347<0.01%Herorganiseerde nie-geïnkorporeerde gebied van die VSA.
202 Grenada344<0.01%
203 Malta316<0.01%
204 Maldive-eilande298<0.01%
205 Kaaimanseilande264<0.01%Britse Oorsese gebied.
206 Sint Kitts en Nevis261<0.01%
207 Niue260<0.01%Selfregerende nasie in vrye assosiasie met Nieu-Seeland.
208 Saint-Pierre et Miquelon242<0.01%Franse oorsese kollektiwiteit; sluit agt klein eilande in die Sint-Pierre en die Miquelon groepe in.
209 Cookeilande236<0.01%Selfregerende nasie in vrye assosiasie met Nieu-Seeland.
210 Wallis en Futuna200<0.01%Franse oorsese kollektiwiteit; sluit Île Uvéa (Walliseiland), Île Futuna (Futunaeiland), Île Alofi, en 20 klein eilandjies in.
211 Amerikaans-Samoa199<0.01%Nie-herorganiseerde, nie-geïnkorporeerde gebied van die VSA; sluit Rose-Eiland en Swainseiland in.
212 Marshalleilande181<0.01%Sluit die atols Bikini, Enewetak, Kwajalein, Majuro, Rongelap, en Utirik in.
213 Aruba180<0.01%Selfregerende deel van die Koninkryk van Nederland.
214 Liechtenstein160<0.01%Kleinste dubbellandingeslote land ter wêreld.
215 Brits-Maagde-eilande151<0.01%Britse Oorsese Gebied; bestaan uit 16 bewoonde en meer as 20 onbewoonde eilande; sluit die eiland Anegada in.
216 Sint Helena122<0.01%Britse Oorsese Gebied; uitgesluit afhanklikhede.
217 Jersey116<0.01%Kroongebied van die VK.
218 Montserrat102<0.01%Britse Oorsese Gebied.
219 Tristan da Cunha98<0.01%Afhanklikheid van Sint Helena (VK). Oppervlak verwys slegs na die hoofeiland (die enigste bewoonde eiland). Totale oppervlak is 201 km².[11]
220 Anguilla91<0.01%Britse Oorsese Gebied.
221 Ascension88<0.01%Afhanklikheid van die Britse Oorsese Gebied Sint Helena.
222 Guernsey78<0.01%Kroongebied van die VK; sluit Alderney, Guernsey, Herm, Sark, en 'n paar ander kleiner eilande in.
223 San Marino61<0.01%
224 Bermuda53<0.01%Britse Oorsese Gebied.
225 Norfolkeiland36<0.01%Selfregerende gebied van Australië.
226 Tuvalu26<0.01%Kleinste onafhanklike Britse Volkebondstaat.
227 Nauru21<0.01%Kleinste republiek ter wêreld.
228 Tokelau12<0.01%Gebied van Nieu-Seeland.
229 Gibraltar6<0.01%Britse Oorsese Gebied.
230 Pitcairn Eilande5<0.01%Britse Oorsese Gebied.
231 Monaco1.95[12]<0.01%Kleinste Franssprekende land.
232 Vatikaanstad0.44[13]<0.01%Kleinste land ter wêreld.

Verwysings