Aseksualiteit

Aseksualiteit is die gebrek aan seksuele aantrekking tot ander of aan belangstelling in seks.[2][3][4] Dit kan ook wyer gekategoriseer word om ’n breë spektrum aseksuele subidentiteite in te sluit.[5]

Sommige aseksuele dra ’n swart ring aan die middelvinger van hulle regterhand as ’n vorm van identifikasie.[1]

Beskrywing

’n Aseksuele pride-vlag.

Aseksualiteit verskil van seksuele onthouding en selibaat,[6][7] wat op gedrag betrekking het en gewoonlik gemotiveer word deur faktore soos persoonlike, sosiale of godsdienstige oortuigings.[8] Seksuele oriëntasie word as blywend beskou, anders as seksuele gedrag.[9] Sommige aseksuele mense het wel seks, ondanks ’n gebrek aan seksuele belangstelling of begeerte, om verskeie redes soos om ander te plesier of kinders te hê.[6][10]

Aanvaarding van aseksualiteit as ’n seksuele oriëntasie en wetenskaplike navorsing daaroor is steeds relatief nuut.[3][10] Al hoe meer sosiologiese en sielkundige navorsing word daaroor gedoen.[10] Terwyl sommige navorsers glo aseksualiteit is ’n seksuele oriëntasie, stem ander nie saam nie.[11][12]

Verskeie aseksuele gemeenskappe het ontstaan ná die uitvinding van die internet en sosiale media. Die bekendste is die Asexual Visibility and Education Network, wat in 2001 gestig is.[11][13][14]

Verwysings

Skakels