Basjkiriërs

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Basjkiers.

Die Basjkiriërs (Basjkiers: Башҡорттар, Başqorttar, [bɑʂqʊrtˈtɑr]; Russies: Башкиры, Baškiry, [bɐʂˈkʲirɨ]) is 'n Turkse etniese groep inheems aan die outonome republiek Basjkortostan in Rusland, weerskante van die Oeralgebergte. Hulle praat Basjkiers, 'n Turkse taal, as moedertaal en Russies as tweede taal. Die Basjkiriërs is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam, gevolg deur 'n klein minderheid Oosters-Ortodokse Christene.

Basjkiriërs

Totale bevolking:ca. 2 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Rusland Rusland 1 584 554[2]

Vlag van Kasakstan Kasakstan 17 263[3]

Taal:Basjkiers, Russies[4]
Geloofsoortuiging:Soennitiese Islam[5]
Verwante etniese groepe:Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene; Russe
Basjkiriërs in tradisionele klere, 1872

Basjkiriërs vorm die vierde grootste etniese groep in Rusland en maak sowat 1,2% van dié land se bevolking volgens die sensus van 2010 uit. Die meeste Basjkiriërs leef in die outonome republiek Basjkortostan (Rusland), gevolg deur Kasakstan.

Verwysings

Eksterne skakels