Formosaanse tale

Die Formosaanse tale is die tale van die eiland Taiwan (Republiek China) se inheemse bevolking en behoort tot die Austronesiese tale. Die deur die regering erkende Taiwanese aborigines vorm sowat 2,3% van die eiland se bevolking.[1] As gevolg van eeue se taalverskuiwing kan baie min van hulle nog die taal van hul voorvarders praat. Van die sowat 26 tale van die Taiwanese aborigines is tien reeds uitgestorwe, vier (moontlik vyf) is sterwend, en verskeie ander is op 'n vlak bedreig.[2][3]

Formosaanse tale
Geografiese
verspreiding:
Taiwan (Republiek China)
Genetiese
klassifikasie
:
Austronesies
 Formosaanse tale
Onderafdelings:
Rukai
Puyuma
Tsou
Suidelike Tsouies
Noordelike Formosaans
Atayalies
Oostelike Formosaans
Bunun
Paiwaans

Verspreiding van Formosaanse tale

Migrasie van die Polinesiese volke vanaf Taiwan na die Polinesiese Driehoek met Hawaii, Nieu-Seeland en Paaseiland as sy hoekpunte

Die inheemse tale van Taiwan is belangrik vir die historiese taalwetenskap, omdat Taiwan die plek van oorsprong vir die hele Austronesiese taalgroep vorm. Volgens die taalkundige Robert Blust vorm die Formosaanse tale nege van die tien hooftakke van die Austronesiese tale,[4] terwyl die tiende oorblywende hooftak omtrent 1 200 Maleis-Polinesiese tale buite Taiwan bevat.[5] Hoewel party taalkundiges met sommige details van Blust se analise verskil, bestaan 'n breë konsensus dat die Atayaliese tale op Taiwan ontstaan het.[6] Dié teorie is deur onlangse studies in die menslike bevolking se genetika versterk en ondersteun ook die matrilineêre aard van die migrasie.[7][8][9][10]

Al die Formosaanse tale word bestendig deur die kultureel dominante Chinees-Mandaryns bedreig. In die onlangse dekades het die Taiwanese regering die herinvoering van die taalonderrig vir die Formosaanse tale geïnisieer.[11][12] Die Formosaanse tale vorm sedert 2017 saam met Chinees-Mandaryns, Taiwannees en Hakka die amptelike tale van die Republiek China op Taiwan.[13]

Lys van tale

Lewende tale

Die Formosaanse tale
Die Formosaanse tale, volgens Blust (1999)
Die Formosaanse tale, volgens die Austronesian Basic Vocabulary Database (Greenhill, Blust & Gray 2008)
Die Formosaanse tale, volgens Ross (2009)

Dit is dikwels moeilik om te besluit waar die grens tussen 'n taal en 'n dialek getrek kan word, wat tot 'n meningsverskil onder geleerdes rakende die indeeling van Formosaanse tale lei. Daar is selfs meer onsekerheid oor moontlike uitgestorwe of geassimileerde Formosaanse mense. Algemene voorbeelde van Formosaanse tale word hieronder gegee,[14] maar die lys moet nie as volledig beskou word nie.

TaalKodeAantal dialekteDialekteNotas
Amisami5'Amisay a Pangcah, Siwkolan, Pasawalian, Farangaw, Palidaw
Atayaltay6Squliq, Skikun, Ts'ole', Ci'uli, Mayrinax, Plngawanhoë dialekdiversiteit, soms as afsonderlike tale beskou
Bununbnn5Takitudu, Takibakha, Takivatan, Takbanuaz, Isbukunhoë dialekdiversiteit
Kanakanabuxnb1sterwend
Kavalanckv1in sommige bronne as sterwend gelys, alhoewel verdere analise anders kan wys
Paiwanpwn4Oostelik, noordelik, sentraal, suidelik
Puyumapyu4Puyuma, Katratripul, Ulivelivek, Kasavakan
Rukaidru6Ngudradrekay, Taromak Drekay, Teldreka, Thakongadavane, 'Oponoho
Saaroasxr1sterwend
Saisiyatxsy1
Sakizayaszy1
Seediqtrv3Tgdaya, Toda, (Truku)
Thaossf1sterwend
Truku1
Tsoutsu1
Yamitao1ook Tao genoem
  • Hoewel Yami nie geografies in Taiwan versprei is nie, word dit taalkundig as 'n Formosaanse taal geklassifikeer.

Uitgestorwe tale

TaalKodeAantal dialekteDialekteNotas, aantal sprekers
Basaybyq10.
Ketagalankae10.
Babuzabzg3?Babuza, Takoas, Favorlang (?).0.
Taokas(bzg)3?Babuza, Takoas, Favorlang (?).0. Laat 19de eeu. Deurlopende herlewingspogings.
Favorlang(bzg)3?Babuza, Takoas, Favorlang (?).0.
Paporappu2?Papora, Hoanya (?).0.
Hoanyappu2?Papora, Hoanya (?).0.
Taivoan10. Laat 19de eeu. Deurlopende herlewingspogings.
Pazehuun10.
Sirayafos2?Siraya, Makatao (?).0. Laat 19de eeu. Deurlopende herlewingspogings.
Makatao(fos)2?Siraya, Makatao (?).0. Laat 19de eeu. Deurlopende herlewingspogings.

Verwysings

Bron

  • (en) Blust, Robert A. 2009. The Austronesian Languages. Canberra: Pacific Linguistics, Research School of Pacific and Asian Studies, Australian National University. ISBN 0-85883-602-5, ISBN 978-0-85883-602-0.

Eksterne skakels