Gilaki

Gilaki (گیلکی, Giləki) is 'n Irannese taal wat deur sowat 2,4 miljoen mense, veral Gilaki's, in die noorde van Iran (Gilan-provinsie) langs die Kaspiese See gepraat word.

Gilaki
گیلکی, Giləki
Gepraat in:Vlag van Iran Iran 
Gebied:Wes-Asië
Totale sprekers:2,4 miljoen[1]
Taalfamilie:Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Irannees
   Wes-Irannees
    Noordwes-Irannees
     Kaspies
      Gilaki 
Skrifstelsel:Arabiese alfabet (Gilaki-alfabet)
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:
ISO 639-3:glk 
Verspreiding van Gilaki in Iran
Persentasie Gilaki-sprekers volgens Irannese provinsie, 2011

Gilaki is nou verwant aan Mazanderani en die twee tale het 'n gemeensame woordeskat.[2] Alhoewel Persies Gilaki tot 'n groot mate beïnvloed het, bly Gilaki 'n taal op sy eie met 'n Noordwes-Irannese oorsprong.[3][4] Die tale Gilaki en Mazanderani (maar geen ander Irannese tale) deel bepaalde tipologiese eienskappe met Kaukasiese tale (veral Suid-Kaukasiese tale),[5] wat die geskiedenis, etniese identiteit en 'n noue verwantskap tussen die etniese groepe van die Kaukasusstreek en beide die Gilaki's en Mazanderani's weerspieël.[6][7]

Verwysings

Eksterne skakels

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Gilaki