Juno (mitologie)

Juno was in die Romeinse mitologie ’n godin en die beskermer van die staat. Sy was die dogter van Saturnus, die suster en vrou van die hoofgod, Jupiter, en die ma van Mars en Vulcanus. Sy het ook ’n ogie oor die vroue van antieke Rome gehou.[1]

Juno
Romeinse godin
Juno Sospita, ’n afgietsel van die oorspronklike beeld in die Vatikaan-museums.
Juno Sospita, ’n afgietsel van die oorspronklike beeld in die Vatikaan-museums.
NaamJuno
Godin vanhuwelik en geboorte
OuersSaturnus
Broers, sustersCeres, Jupiter, Neptunus, Vesta en Pluto
GadeJupiter
KindersMars, Vulcanus, Bellona, Juventas
Griekse eweknieHera

As die beskermgodin van Rome en die Romeinse Ryk is sy Regina ("Koningin") genoem en is sy saam met Jupiter en Minerva as ’n triade op die Kapitolynse Heuwel in Rome aanbid. Juno se eweknie in die Griekse mitologie was Hera, die vrou van Zeus.[2]

Verwysings

Eksterne skakels