Kanadese dollar

Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
RangGeldeenheidSimbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollarUSD ($)87,0%
2Vlag van EuropaEuroEUR (€)33,4%
3Vlag van JapanJapannese jenJPY (¥)23,0%
4Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterlingGBP (£)11,8%
5Vlag van SwitserlandSwitserse frankCHF (CHF)8,6%
6Vlag van KanadaKanadese dollarCAD ($)5,2%
7Vlag van AustraliëAustraliese dollarAUD ($)4,6%
8Vlag van MeksikoMeksikaanse pesoMXN ($)2,5%
9Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juanCNY (¥)2,2%
10Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollarNZD ($)2,0%
11Vlag van SwedeSweedse kroonSEK (kr)1,8%
12Vlag van RuslandRussiese roebelRUB (₽)1,6%
13Vlag van HongkongHongkong-dollarHKD ($)1,4%
14Vlag van Noorweë Noorse kroonNOK (kr)1,4%
15Vlag van SingapoerSingapoer-dollarSGD ($)1,4%
16Vlag van TurkyeTurkse liraTRY (₺)1,3%
17Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse wonKRW (₩)1,2%
18Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse randZAR (R)1,1%
19Vlag van Brasilië Brasiliaanse realBRL ($)1,1%
20Vlag van Indië Indiese roepeeINR (₹)1,0%
Ander6,3%
Totaal[n 1]200%

Die Kanadese Dollar (ISO 4217-kode: CAD) is die amptelike geldeenheid van Kanada. Gewoonlik word afkortings soos die dollar-teken $ of C$ of CAD$ gebruik om na die Kanadese Dollar te verwys en dit van ander lande se dollar-geldeenhede te onderskei.

Terwyl die International Organization for Standardization (ISO) se kode CAD (drie letters sonder monetêre simbole) algemeen gebruiklik is, is daar ook ander afkortings en simbole soos C$ (wat deur die Kanadese regering volgens The Canadian Style Guide aanbeveel en ook deur die Internasionale Monetêre Fonds gebruik word), Can$ en CDN$ (volgens Editing Canadian English) vir die Kanadese geldeenheid.

Die Kanadese Dollar word in 100 sente onderverdeel. Die Kanadese Dollar is die monetêre basis vir die Kanadese ekonomie, en alle munte word deur die Koninklike Kanadese Munt geslaan, terwyl die Canadian Bank Note Company en BA International Inc alle banknote in opdrag van die Bank of Canada/Banque du Canada druk.

Geskiedenis

Die geskiedenis van Kanada se geldeenheid weerspieël die verswakkende ekonomiese bande met die Verenigde Koninkryk en die belang van sy toenemende handel met die Verenigde State. Die relatief sterk handelsbande met die VSA was ook 'n beslissende faktor by Kanada se besluit in die 1850's om ten spyte van Britse opposisie eerder die dollar as amptelike geldeenheid te kies as die pond. Nogtans het sowel Amerikaanse as Britse muntstukke tot by die 1930's naas die nasionale Kanadese banknote en muntstukke 'n wettige betaalmiddel in Kanada gebly.

Die ekonomiese invloed van die VSA het ook Kanada se wisselkoersbeleid oorheers: Gedurende die 19de en vroeë 20ste eeu het albei lande die goudstandaard gehandhaaf en hul geldeenhede gevolglik teen pariteit verhandel. Vanweë die afwykende struktuur van Kanadese uitvoere – die land is in teenstelling met die VSA nogal 'n beduidende uitvoerder van verwerkte goedere – en die noodsaaklikheid om sy eie ekonomiese doelwitte met 'n onafhanklike makro-ekonomiese beleid te bereik, het Kanada in 1950 en 1970 voorkeur aan 'n fluktuerende wisselkoers gegee. In September 2007 het die Kanadese dollar - net soos in 1976 - weer teen pariteit met die Amerikaanse dollar verhandel.

Notas

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels