Kasjoeneut

Die kasjoeboom (Anacardium occidentale) is 'n tropiese immergroen plant wat kasjoeneute en kasjoeappels voortbring, Dit groei tot 14 meter (46 voet) hoog, maar die dwergkasjoe, wat tot 6 meter (20 voet) hoog word, het hom as meer winsgewend bewys omdat dit vroeër volle wasdom bereik en hoër opbrengste lewer.

Kasjoe
Anacardium occidentale
Kasjoevrugte gereed om geoes te word in Kollam, Indië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Anacardium
Spesie:
A. occidentale
Binomiale naam
Anacardium occidentale

Die kasjoeneut dien as 'n versnapering en word in kosbereidings soos ander neute gebruik, maar dit is eintlik 'n saad. Die kasjoeappel is 'n vrug waarvan die pulp tot 'n soet vrugtedrankie verwerk of tot 'n likeur gedistilleer kan word.

Die dop van die kasjoeneut lewer opbrengste wat in baie toepassings gebruik kan word, van smeermiddels tot verf, en ander dele van die boom is tradisioneel gebruik teen slangbyte en vir ander tradisionele geneesmiddels.

Kasjoe kom oorspronklik van die noordooste van Brasilië, maar word nou wyd in tropiese gebiede verbou, met Viëtnam en Nigerië wat die grootste produsente verteenwoordig,[1] asook in Indië, die Ivoorkus en Indonesië.

Top tien produseerders van Kasjoeneute in 2016
LandProduksie
(metrieke ton)
Opbrengs
(MT/hektaar)
Vlag van Viëtnam Viëtnam1 221 0070.85
Vlag van Nigerië Nigerië958 8601.97
Vlag van Indië Indië671 0000.66
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus607 3000.44
Vlag van Filippyne Filippyne216 3984.79
Vlag van Tanzanië Tanzanië195 1401.0
Vlag van Brasilië Brasilië164 1510.14
Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau153 8880.38
Vlag van Indonesië Indonesië130 0720.25
Vlag van Benin Benin125 7280.29
Wêreldtotaal4 898 2100.58
Bron: Food & Agriculture Organization[2]

Eksterne skakels

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.