Keiserryk Oostenryk

Die Keiserryk Oostenryk (Duits: Kaiserthum Österreich or Kaiserthum Oesterreich) was 'n staat in Sentraal-Europa vanaf 1804 tot 1867 en is deur slegs een monarg regeer. Die Keiserryk is met die kroning van die keiser van die Heilige Romeinse Ryk, Frans II, tot Keiser van Oostenryk op 11 Augustus 1804 gestig. Die seremonie het gevolg op die stigting van die Keiserryk Frankryk deur Napoleon Bonaparte op 18 Mei 1804. Frans II is in 1835 opgevolg deur sy seun Ferdinand I, wie tydens die rewolusie van 1848 ten gunste van Frans Josef I abdikeer het.

Kaiserthum Oesterreich
Keiserryk Oostenryk

1804 – 1867
VlagWapenskild
VlagWapen
Leuse: Alles Erdreich ist Österreich untertan (A.E.I.O.U.)
(Duits vir: "Al die wêreld is onderhewig aan Oostenryk")
Volkslied: Gott erhalte Franz den Kaiser
(Duits vir: "God bewaar Keiser Frans")
Ligging of Kaisertum Österreich
Ligging of Kaisertum Österreich
Die Keiserryk Oostenryk omstreeks 1815
HoofstadWene
Taal/TaleDuits
RegeringMonargie
Keiser
 - 1804–1835Frans I
 - 1835–1848Ferdinand I
 - 1848–1867Frans Josef I
WetgewerKeiserlike raad
Historiese tydperkNuwe Tyd
 - Kroening van Keiser Frans II.11 Augustus 1804
 - Austro-Hongaarse Kompromie van 18678 Junie 1867
Oppervlakte
 - 1804698 700 km2
269 770 sq mi
Bevolking
 - 1804 skatting21 200 000 
     Digtheid30,3 /km² 
78,6 /sq mi
Geldeenheid1 Thaler (Konventionstaler) = 2 (Österr.) Gulden = 100 Kreuzer = 400 Pfennig = 800 Heller
Sedert 1857: 1 Taler (Vereinstaler) = 1½ Gulden = 150 Neukreuzer
Die Keiserryk Oostenryk (bruin) in die Duitse Bond (1815–1866)

Met die nederlaag in die Duitse Oorlog teen die Koninkryk Pruise in 1866 is in 1867 die Oostenryks-Hongaarse kompromis voltooi en Oostenryk-Hongarye gestig.